Liewe Heksie sal ma en pa ook laat giggel

Liewe Heksie

Foto: Hans van der Veen

Die vertoning, Liewe Heksie: Flower Power, wat laas jaar soveel goeie resensies ontvang het, is vanjaar weer by verskeie feeste en teaters te sien. Dié vertoning is vanjaar vir vier Fiëstas en een Fleur du Cape benoem en volgens regisseur Lizz Meiring was die uitdaging om wyle Verna Vels se karakters te respekteer, maar ook terselfdertyd ’n eietydse eg pantomime-kleur aan die regie te verleen.

“Dié pantomime het iets vir almal – sekere oomblikke en karakters is nommerpas vir die kinders en ander val weer reg in die smaak van grootmense. Selfs die coolste tieners en studente gaan dit geniet.”

Margit Meyer-Rödenbeck (Dowwe Dolla) wat die rol van Levinia vertolk, sê dié karakter is al so deel van haar bestaan. “Ek vertolk die rol van Levinia al soveel jare dat ek al in my slaap gestap en vir my man gesê het: ‘Haai oe, kyk die blomme teen die slaapkamermure.’”

Jak de Priester meen dié Liewe Heksie-vertolking is wonderlik. “Dis soos om na ’n opvoering in Londen in die West End te gaan kyk, maar net in Afrikaans! Die show het die kind binne my, die grootmens buite my en die performer in my, sommer alles, bymekaargebring. Ek het lanklaas so happy by ’n show uitgestap! 10 uit 10!”

Die akteurs van Liewe Heksie: Flower Power is bekende name in SA vermaakkringe met Margit Meyer-Rödenbeck, Chris van Niekerk, Loukmaan Adams, Anna Davel, Crystal Donna Roberts, De Klerk Oelofse, en nog baie ander.

Liewe Heksie: Flower Power is van 19 April tot 1 Mei by die Brooklyn Teater te sien. Skakel 012 460 6033 of besoek die Brooklyn Teater se webwerf om jou plek te bespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.