PG du Plessis se alombekende Siener in die Suburbs kry vanjaar nuwe lewe op die verhoog by die US Woordfees. Shaleen Surtie-Richards vertolk in hierdie splinternuwe weergawe die rol van Ma.
Maroela Media het by haar gaan kuier om bietjie meer te hoor oor die uitdagings van die rol en waarom ʼn mens nooit verkeerd kan gaan met PG du Plessis se werk nie. Siener in die Suburbs is vanaf 6 Maart by die Woordfees te sien en kaartjies is hier beskikbaar.