Die beste romantiese komedies op Showmax

Is humor en romanse hoog op jou TV-kyklysie? Showmax het die beste reekse en flieks – gewaarborg om seker te maak dat jy terselfdertyd sal lag en sal huil!

Bridesmaids

Daar is niks soos ʼn hennepartytjie in Las Vegas nie! ʼn Groep lawwe vriende wil die tyd voor een se huwelik vier. Sal dit egter alles in ʼn groot babalaas eindig? Kyk nou op Showmax.

Wanderlust

ʼn Lighartige komedie oor ʼn stadsjapie-egpaar wat by ʼn vrygeestige gemeenskap aansluit om van stres ontslae te raak en hulself te vind… maar selfs “hippies” het probleme. Kyk nou op Showmax.

What To Expect When You’re Expecting

Swangerskap is moeilik, veral as jy ʼn bekende is, of met jou pa se nuwe tweeling moet meeding … (Met Cameron Diaz en Jennifer Lopez) Kyk dié grappige komedie nou op Showmax.

 

Letters To Juliet

Tydens Sophie (Amanda Seyfried) se besoek aan Italië kom sy op ʼn ou liefdesbrief af. Sy stem in om die skrywer te help om haar verlore liefde op te spoor. Dis ʼn lieflike avontuur wat almal gaan verander. Kyk nou op Showmax.

No Tomorrow

Evie se lewe is alles perfek georden, maar nêrens heen op pad nie. Dan ontmoet sy die aantreklike Xavier, wat dalk perfek mag wees … behalwe dat hy dink die wêreld kom oor ʼn paar maande tot ʼn einde. Kyk nou op Showmax.

Laws of Attraction

Twee egskeidingsprokureurs van New York vind liefde in die middel van litigasie. Kyk nou op Showmax.

Intolerable Cruelty

George Clooney is ʼn topprokureur wat sy kliënte help om hul egskeidingsverpligtinge te ontduik, maar wanneer Catherine Zeta-Jones haar skikking in die hof verloor, het sy wraak in gedagte. Kyk nou op Showmax.

No Strings Attached

Emma en Adam is al jare lank vriende en neem hul vriendskap na ʼn nuwe intimiteitsvlak – vir die pret. Nie een van hulle wil verlief raak nie, maar dis miskien net wat hulle nodig het. Kyk nou op Showmax.

How to Lose a Guy in 10 Days

ʼn Prettige romantiese komedie met Kate Hudson as Andie, ʼn onwillige skrywer vir ʼn vrouetydskrif, en Matthew McConaughey as Ben, ʼn ambisieuse reklamebestuurder en rokjagter, wat met bymotiewe by mekaar betrokke raak. Kyk nou op Showmax.

The Break-Up

Jennifer Aniston en Vince Vaughn vertolk die hoofrolle in dié komedie oor ʼn paartjie wie se verhouding tot ʼn einde kom, maar nie een van hulle wil verhuis nie. Kyk nou op Showmax.

Adventureland

James is gereed om deur Europa te reis, totdat sy ouers sê hulle kan nie daarvoor betaal nie. Nou moet hy tydens die vakansie by ʼn temapark werk. Kyk nou op Showmax.

Tali’s Wedding Diary

Van die vervaardigers van SuzelleDIY kom dié prettige koggelreeks (mokumentêr) met Julia Anastasopoulos as Tali, ʼn selfbehepte Sandton-prinses wat na Kaapstad verhuis en die tyd voor haar troue verfilm. Kyk nou op Showmax.

Younger

Eerste en slegs op Showmax! Sal die liefde wen? Kyk die eerste vier seisoene nou op Showmax.

It’s Complicated

Die lewe is gekompliseerd vir dié sewe vriende van Johannesburg wat verhoudings, hul loopbane, romanse en meer in die Stad van Goud moet balanseer. Kyk nou op Showmax.

SMILF

Dis moeilik om ʼn enkelma te wees, veral wanneer mans weghardloop sodra hulle jou kind sien. Maar Bridgette sal dit vir niks verruil nie. Dié reeks is eers op Showmax te sien. Kyk nou op Showmax.

Oor Showmax

Showmax is ’n aanlyn televisiediens. Teen ’n enkele maandelikse fooi kry jy onbeperkte toegang tot ’n reuse-aanlyn-katalogus van TV-reekse, flieks, kinderprogramme en dokumentêre. Begin en eindig jou intekenaarskap soos dit jou pas. Geen advertensies. Jy kan enige tyd kanselleer – daar’s geen kontrak nie.

Kyk Showmax deur van apps vir slim TV’s, slimfone, tablette, rekenaars, media-spelers en speletjie-konsoles gebruik te maak. Showmax werk ook met Chromecast en AirPlay. Bestuur data-verbruik deur die bandwydte-beperkingsfunksie te gebruik. Geen internet? Geen probleem nie. Jy kan tot 25 programme op slimfone en tablette aflaai om later te kyk wanneer jy nie aanlyn is nie.

Hierdie flieks en reekse is beskikbaar op Showmax vir kykers in Suid-Afrika. Kry al die vermaak op jou gunstelingtoestel by Showmax: teken nou in of maak gebruik van die gratis proeflopie. Showmax is nou ook gratis beskikbaar as deel van jou DStv Premium-pakket! Klik hier om meer uit te vind.

Is jy ‘n DStv Compact-kliënt?

Goeie nuus! Jy betaal nou slegs R49 per maand as jy ‘n DStv Compact Plus of DStv Compact-kliënt is – dis afslag van R50! Klik hier om meer te lees en klik hier om te sien hoe jy te werk moet gaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.