‘Judge Judy’ kom tot einde ná 25 jaar

Judy Sheindlin.

Judge Judy, die gewilde Amerikaanse hofsaakprogram met die tawwe regter Judy Sheindlin op die bank, kom na 25 seisoene op die kassie tot ʼn einde.

Sheindlin het dié nuus Maandag op die geselsprogram The Ellen DeGeneres Show bevestig. Sy het aan DeGeneres gesê die 2020-21-reeks sal die laaste wees.

“Ek het ʼn huwelik van 25 jaar met CBS gehad en dit was suksesvol,” het Sheindlin oor die televisienetwerk gesê wat verantwoordelik vir die verspreiding van Judge Judy is. Sy het bygevoeg dat ʼn nuwe program, Judy Justice, in die pyplyn is.

“Volgende jaar is ons 25ste seisoen, silwerherdenking, en ek dink CBS het seker gevoel dat hulle eerder herhalings van my program optimaal wil benut want daar is nou 25 jaar se materiaal beskikbaar. So hulle het besluit om ʼn paar jaar se herhalings te verkoop. Ek is egter nog nie moeg nie, so Judy Justice sal volgende jaar die lig sien.”

Sy het nie meer inligting oor dié nuwe program verskaf nie.

Volgens The Hollywood Reporter is Sheindlin die hoogsbetaalde televisiepersoonlikheid en verdien sy sy sowat R723 miljoen (sowat $47 miljoen) per jaar.

Judge Judy is een van die gewildste gesindikeerde programme, met bykans nege miljoen kykers per dag en dit is die TV-hofprogram met die meeste kykers wêreldwyd.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Wielspore ·

Puik program, ek geniet die program, sy is reguit, slim, draai nie doekies om. Judgement for the plaintive for the amount of… put on your listening ears…. listen to me… do you think I an stupid…. liar, liar, pants on fire… what…. moron… how do you support yourself…

isabelle ·

hierdie tannietjie is skerp en waardes van goud Sy was nou n unieke karakter hoor

Shady ·

Sy moet Suid-Afrika toe kom. Gaan dag en nag besig wees met hofsake

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.