‘Op my eish!’: Brendan kies sy top-12

Brendan Peyper en Jo Black. (Foto: verskaf)

Ná ʼn lang dag van blitsafsprake, het die sanger Brendan Peyper uiteindelik besluit watter meisies saam met hom die Oos-Vrystaat gaan plat toer.

In die eerste aflewering van die derde seisoen van kykNET se gewilde maatsoekprogram, Op my eish!, ontmoet Brendan die 16 meisies wat uit hordes inskrywings sy oog gevang het.

Van ʼn blonde rabbedoe met ʼn liefde vir visvang, tot ʼn Namibiese skoonheid en teruggetrokke hoërskoolonderwyseres is in die “Insomnia”-sanger se visier.

Brendan en sy vlerksleepvriend, oftewel wingman, Jo Black, het deur tientalle inskrywings geblaai om Brendan se topsestien te kies.

Dié 16 vroue het elkeen ʼn uitnodiging ontvang om op ʼn vyfminutelange blitsafspraak met Brendan by die De Harte-trouvenue in Pretoria te gaan.

Uiteindelik was dit Christine Kirkcaldy, Katja Pieters, Janae Stander, Sonel van der Walt, Thelmané Wentzel en Runet van Heerden wat met intrapslag Brendan se hart vinniger laat klop het.

Dié ses vroue het elkeen ná hul afspraak ʼn goue kaartjie ontvang wat hulle outomaties na die volgende ronde van die program deurgesit het. Twee van hierdie vroue het vanuit die buiteland vir die 27-jarige hartebreker ingeskryf, Katja vanuit Namibië en Runet vanuit Dubai.

Ná afloop van die blitsafsprake, het die res van die hoopvolle vroue gehoor wie ry en wie bly. Chaunté de Bruyn, Rachelle Fourie, Natasha van Rensburg, Luzaan Marais, Nadia Olivier en Jané Bacher is uiteindelik gevra om te bly.

In die volgende episode begin die reis vir Brendan en sy top-12 in die Oostelike dele van die Vrystaat, ʼn deel van die land wat hom na aan die hart lê.

Brendan het ook sy hart aan sy vlerksleepvriend ontbloot met sy erkenning aan Jo dat hy eendag drie of vier kinders wil hê, en dat sy vrou tuis moet wees om na die kinders om te sien.

“Ek sal daarvan hou om ʼn lekker vol huis te hê. Ek wil graag maksimum vier of vyf optredes ʼn maand doen. Ek wil optree omdat dit vir my lekker is, nie omdat ek dit hoef te doen om geld te maak nie.”

“Ek wil hê my vrou moenie werk nie, sy moet by die huis wees by die kinders.”

Hier is Brendan se top-12:

Christine Kirkcaldy

Christine Kirkcaldy. (Foto: verskaf)

Katja Pieters

Katja Pieters. (Foto: verskaf)

Janae Stander

Janae Stander. (Foto: verskaf)

Sonel van der Walt

Sonel van der Walt. (Foto: verskaf)

Thelmané Wentzel

Thelmané Wentzel. (Foto: verskaf)

Runet van Heerden

Runet van Heerden. (Foto: verskaf)

Chaunté de Bruyn

Chaunte du Bruyn. (Foto: verskaf)

Rachelle Fourie

Rachelle Fourie. (Foto: verskaf)

Natasha van Rensburg

Natasha Jansen van Rensburg. (Foto: verskaf)

Luzaan Marais

Luzaan Marais. (Foto: verskaf)

Nadia Olivier

Nadia Olivier. (Foto: verskaf)

Jané Bacher

Jané Bacher. (Foto: verskaf)

  • Die derde seisoen Op my eish! word elke Donderdagaand om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai. Dit sal ook op DStv Catch Up beskikbaar wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.