‘OppieStoep’ eersdaags regstreeks op Maroela Media

Pietman Geldenhuys en Andries Vermeulen is die aanbieders van 'OppieStoep'.

Pietman Geldenhuys en Andries Vermeulen is die aanbieders van ‘OppieStoep’.

OppieStoep is die tuiste van storievertel in Afrikaans en in die tradisie van Spies en Plessis en Maak ʼn Las ontgin aanbieders Andries Vermeulen en Pietman Geldenhuys Suid-Afrika se beste stories en storievertellers.

As jy vantevore dié storievertellers op die kassie misgeloop het, kan jy eersdaags op Maroela Media vir sewe splinternuwe regstreekse uitsendings inskakel. Dié uitsendings sal 15 minute lank wees. Kapenaars en vakansiegangers kan die volledige vertoning bywoon deur kaartjies aan te koop.

Geldenhuys en Vermeulen toer saam in Desember met die Weskus langs tot in die Suid-Kaap vir die beste stories uit die monde van gesoute storievertellers.

OppieStoep maak ʼn draai op Doringbaai, Hermanus, Struisbaai, Hartenbos, Gansbaai, Melkbosstrand en Dwarskersbos.

Van die storievertellers wat die stoepstoele warm gaan kom sit, is onder meer Arno van Zyl, Jan Ponk van Zyl, Human du Toit, Alan Hughes en Gertjie Odendaal.

Kykers op Maroela Media se webtuiste kan aan die pret deelneem deur vir Geldenhuys en Vermeulen uit te daag om vyf eg-Afrikaanse woorde wat lesers gekies het, te gebruik in hulle storie vir die aand. Plaas jou voorstelle sommer direk hier onder in die kommentaar vir die twee aanbieders.

Die kaartjies is R150 per persoon en is slegs aanlyn beskikbaar by Quicket of besoek net www.oppiestoep.com.

Die toerdatums is as volg:

13 Des – Doringbaai/Strandfontein by Fryer’s Cove om 19:00

14 Des – Dwarskersbos by Soverby Lapa – uitverkoop

15 Des – Melkbosstrand by Damhuis‑restaurant – uitverkoop

16 Des – Gansbaai‑gholfklub – uitverkoop

17 Des – Hermanus by Sandbaai‑saal om 19:00

18 Des – Struisbaai by Sea Shack om 16:00

19 Des – Laerskool Hartenbos se skoolsaal om 19:00

Geldenhuys en Vermeulen beplan ook om sommer so kuier-kuier langs die kus weer nuwe talent te begin soek vir die volgende reeks van OppieStoep, wat in 2020 in die Paarl opgeneem word. Blitsoudisies sal plaasvind na afloop van elke vertoning en as jy nie daar kan uitkom nie, stuur gerus ʼn video van nie langer nie as twee minute na 068 147 1028.  Jy kan dit ook stuur na [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Maria Boshoff ·

Pietman en Andries dit sal baie lekker wees om julle op n ander platform as dstv te kan sien, kan nie wag nie!.
Groete uit Vanrhynsdorp

Fanie ·

Hoe jaloer is ek nou! Julle manne moet darm vir ons hier bo in die Transvaal ook kom kuier. Ons kan mos ook ‘n liegstorie waar vertel. Groetnis!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.