Sepiegids: Langes se trouplanne ontspoor in ‘Arendsvlei’

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Langes se trouplanne ontspoor in ‘Arendsvlei’. (Foto: Skermgreep)

Binnelanders

Weeksdae om 19:30 op kykNET

Maandag 7 Augustus

Conrad en Steve moet hard werk om iemand van plan te laat verander en Dawid voel skuldig teenoor Liam. Tertius probeer vrede maak.

Dinsdag 8 Augustus

Terwyl Nicolette getroos word, is Tracy na aan trane. Bonnie is nuuskierig oor ʼn troue en Dawid is skynbaar nie aan Delia se kant nie. Rian en Louis raak haaks en die waarheid skok vir Liam.

Woensdag 9 Augustus

Dit is Steve se beurt om ʼn bloutjie met iemand te loop en Louis doen die regte ding. Tracy voel sy kan weer asemhaal en Liam haal sy frustrasies op Nicolette uit.

Donderdag 10 Augustus

ʼn Artikel op die internet maak Steve boos en hy konfronteer die verpleegpersoneel. Nicolette doen haar bes om Conrad te vermy en Liam moet om verskoning vra. ʼn Nuwe pasiënt laat selfs vir Naomi soos ʼn bakvissie optree.

Vrydag 11 Augustus

Liam is bekommerd oor Dawid en nooi hom vir ete. Steve se pasiënt wend haar tot die publiek en Naomi is verleë oor haar gedrag.

Suidooster

Weeksdae om 18:00 op kykNET en 18:30 op kykNET&kie

Maandag 7 Augustus

Siya kasty homself oor die Orpa-sage, terwyl Nazeem se woorde Bridgette aan haarself laat twyfel. Mymoena se kinders is bekommerd oor haar.

Dinsdag 8 Augustus

Bridgette is uitsonderlik vriendelik en dit verwar almal. Wade is opgewerk oor Orpa se doen en late. Mymoena se Iddah is verby en sy durf die buitewêreld weer aan.

Woensdag 9 Augustus

Danni besef daar kom probleme tussen Brendan en Carlo, terwyl Mymoena se vriendinne en familie haar probeer opbeur. Mrs. J en Kate ontdek iets skokkends in die kerkkantoor.

Donderdag 10 Augustus

Kate sit met ʼn morele dilemma ná wat sy en Mrs. J ontdek het. Lee-Ann, Danni en Ty stamp koppe oor hul verliefde seuns, terwyl dit gons in Ruiterbosch oor die Vrou van die Jaar-kompetisie.

Vrydag 11 Augustus

Elana moet ʼn moeilike besluit neem, terwyl Mymoena die onmoontlike regkry. Danni is bekommerd oor die seuns, en danksy Orpa is Siya is op die punt om moed te verloor.

Diepe waters

Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET

Maandag 7 Augustus

Daan veroorsaak spanning tussen Karla en Arno. Henry is op die oorlogspad oor Lettie se gesprek. Charity slaap oor by Nina en vertel haar van haar lewe.

Dinsdag 8 Augustus

Tshepo sien iets vreemds omtrent Charity. Pam vind iets verdags in Jacques se woonstel. Lettie is ontsteld oor Henry en Kurt. Charity veg vir haar oorlewing.

Woensdag 9 Augustus

Nina se frustrasie met Tshepo en die tekort aan ondersteuning groei by die dag. Daan en Karla deel ʼn oomblik van toenadering. Henry vra Jacques om hulp.

Donderdag 10 Augustus

Is Karla besig om Daan oor te wen? Henry en Kurt wil appels swaai. Rose konfronteer Laura oor die sogenaamde vervalste verslag.

Arendsvlei

Maandae tot Donderdae om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 7 Augustus

Lionel en Janice probeer om die motorfiets op te spoor. Langes besluit om Ayesha te vra om te trou. Anthony is woedend wanneer hy uitvind Adam woon alleen saam met Desmond.

Dinsdag 8 Augustus

Bompie en Desmond het ʼn mooi brose oomblik. Beatrice besluit om nie vir Clint te vertel hoe moeilik Abigail is nie. Anthony reik uit na Thys oor sy situasie met Adam en vind dan eindelik krag van binne.

Woensdag 9 Augustus

Janice en Lionel vra Hein om hulle te help met hul planne om die motorfiets terug te kry. Beatrice kla by Bianca dat Abigail haar pa om haar pinkie gedraai het. Langes en Ayesha raak in ʼn hewige argument betrokke.

Donderdag 15 Junie

Ayesha is spyt oor haar aanvanklike reaksie op Langes se huweliksvoorstel. Dit lyk of Lennie en Eva weer bymekaar uitkom. Lionel en Janice ontvang nuus oor hul gesteelde fiets.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.