Sepiegids: Oorlog tussen Kristien, Amanda in ‘GMR’ woed voort

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy nou weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Kristien en Amanda van ‘Getroud met rugby’. (Foto: Skermgreep)

Binnelanders

Weeksdae om 19:30 op kykNET

Maandag 21 Februarie

ʼn Blosende interaksie en ʼn noodsaaklike ontmoeting kan die toekoms voorspel. Conrad vra vir At die vraag waaraan baie mense dink, en Naomi probeer Louis moed inpraat.

Dinsdag 22 Februarie

ʼn Klag van moord noodsaak die Kosters om tot aksie oor te gaan. Annelize begin wonder of ‘n parasiet nie die oorsaak is van ʼn siekte wat by Binneland-kliniek die ronde doen nie, terwyl ʼn ontmoeting nie Louis se goedkeuring kry nie.

Woensdag 23 Februarie

Daar word op Elise se knoppie gedruk om te red wat daar te redde is. Louis hoor met afgryse wat Delia se planne is, terwyl Annelize ontstellende nuus ontvang.

Donderdag 24 Februarie

Gaby is vies oor haar en Ayanda se take vir die dag, terwyl Louis en Naomi verskillende sienings het oor die toekoms van ʼn baba. Volgens Annelize is daar beslis iets in die water.

Vrydag 25 Februarie

At probeer nog een laaste keer ʼn wonderwerk verrig. Water veroorsaak chaos, terwyl daar wrywing is tussen Ayanda, Karen en Gaby. ʼn Kramp veroorsaak bekommernis.

Suidooster

Weeksdae om 18:30 op kykNET en kykNET&kie

Maandag 21 Februarie

Bennie bring vir Mrs J goeie nuus, terwyl daar ʼn wêreld vol moontlikhede voor Mymoena oopgaan. Tim buig agteroor om Nazeem tevrede te stel, en Justin besluit genoeg is genoeg.

Dinsdag 22 Februarie

Justin kom uit met die hele sak patats, terwyl AB nie gelukkig is as hy van Mymoena se planne hoor nie. Rhafiek kom tot ʼn besef.

Woensdag 23 Februarie

Samantha is vasberade om vir Justin by Susan af te rokkel, en Ty is opnuut bekommerd oor Carlo en die talentkompetisie. Bridgette ontbied Mymoena om te praat oor die pos by JPD.

Donderdag 24 Februarie

Justin en Susan vermoed daar is ʼn slang in die gras, terwyl dit Mymoena se eerste dag by JPD is. Ty is bekommerd oor Carlo en Rhafiek vlieg vir Kaashifa in.

Vrydag 25 Februarie

Mymoena kry haar familie voor stok, maar hulle stel haar weer teleur. Kaashifa praat haar mond verby en Samantha pluk aan Susan se hartsnare vir simpatie.

Getroud met rugby

Weeksdae om 18:00 op kykNET

Maandag 21 Februarie

Petro hardloop weg. Ashton trek by Ryno in. Candice deel ʼn video oor haar aanvaller.

Dinsdag 22 Februarie

Die ongemaklikheid tussen Simon en Lulu raak ondraaglik. Johan ontmoet vir Petro. Candice het ʼn afspraak met haar aanvaller se eksvrou.

Woensdag 23 Februarie

Petro deel haar hartsbegeerte met Buks en Nesie. Nico vind uit van die soen. Ryno en Ashton se verhouding blom.

Donderdag 24 Februarie

Buks en Nesie is bekommerd dat Petro té geheg aan hulle raak. Lulu straf vir Simon. Amanda en Kristien se koue oorlog vat weer vlam.

Vrydag 25 Februarie

Simon probeer om tot Lulu deur te dring. Petro en Johan het sterre in hulle oë. Pine stel ondersoek oor Amanda se doen en late in.

Arendsvlei

Maandag tot Donderdag om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 21 Februarie

Janice is moeg van Lionel se impulsiewe gedrag en neem ʼn drastiese besluit. Daniel en Beatrice baklei oor Angel se plek in die Cupido-huishouding.

Dinsdag 22 Februarie

Daniel neem ʼn drastiese besluit oor sy en Angel se toekoms. Lionel is desperaat om sy liefde aan Janice te bewys. Ayesha en Ezra vind ontstellende nuwe inligting oor Ruby en Denise uit.

Woensdag 23 Februarie

Beatrice en Gertie is desperaat om alternatiewe blyplek vir Angel te vind. Ayesha probeer om meer inligting te kry oor Denise en Ruby, maar dinge raak al hoe meer agterdogwekkend.

Donderdag 24 Februarie

Janice antwoord Lionel se huweliksaansoek op ʼn onverwagte manier. Langes besluit om Lennie meer van Eva se verlede te vertel. Ingrid maak ʼn aanbod wat Dominee skok.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.