Bekendes deel video’s van ‘proppie’-uitdaging

Jason Statham (Skermgreep uit die video)

Daar was al verskeie uitdagings op sosiale media waaraan an bekendes tot Jan Alleman deelgeneem het. Een van die gewildste uitdagings was die sogenaamde Ice Bucket Challenge, waar ʼn emmer vol ys en water oor iemand uitgekeer is as bewusmaking vir ALS.

Daar was ook lawwe uitdagings soos die #10yearchallenge (deel ʼn onlangse foto en ʼn foto van 10 jaar gelede van jouself); die #fluffchallenge (ʼn toertjie waar jy jou hond om die bos probeer lei as jy agter ʼn stuk materiaal “verdwyn”); en selfs die #MannequinChallenge (waar jy in jou posisie “vries” terwyl ʼn kamera steeds rondbeweeg en die omgewing verfilm).

Nou is daar ʼn nuwe uitdaging, die #BottleCapChallenge – waar deelnemers met ʼn skop ʼn proppie van ʼn bottel moet afskroef, sonder dat die bottel omval. Bekendes soos John Mayer en Jason Statham het ook hul video’s gedeel.

Dit het alles na bewering begin by Taekwondo-instrukteur Farabi Davletchin toe hy die eerste keer ʼn video van die beweging op Instagram gedeel het. Max Holloway, huidige UFC-veergewigkampioen, het dit ook nagedoen en van daar het die uitdaging soos ʼn veldbrand op sosiale media begin versprei. Max het John Mayer uitgedaag, en John het Jason Statham uitgedaag.

Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier wil speel nie

Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier wil speel nie

Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier wil speel nie

Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier wil speel nie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Andreas ·

Born in Derbyshire, England, he began practicing kung fu, kickboxing and karate recreationally in his youth while working at local market stalls. An avid footballer and diver, he was selected by Britain’s national diving team to compete in the 1990 Commonwealth Games.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.