Dalk die oudste katvideo ooit

Skermgreep uit die video

Thomas Edison staan bekend dat hy die eerste kommersieel suksesvolle gloeilamp ontwerp het, en die landskap van moderne tegnologie verander het. Hy het egter ook waarskynlik die heel eerste katvideo vervaardig.

Dié 20 sekonde fliek, uit 1894, wys twee katte wat bokshandskoentjies en harnasse dra en mekaar in ʼn bokskryt takel. Die video is in sy Black Maria Studio in New Jersey verflim.

Volgens die Public Domain Review was die kat-atlete lede van prof. Henry Welton se reisende katsirkus waar katte op fietse gery het en wawiele gemaak het.

Die besluit om ʼn paar katte te verfilm blyk relevant te wees in vandag se internetkultuur waar enige video’s of foto’s van katte baie gewild is op sosiale media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Nettie ·

DIEREMISHANDELING!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Kyk hoe word die kat aan die linkerkant rondgeruk en pluk.

Glenn ·

O, die video is deur Edison gemaak? DIT is geen verrassing nie. Die einste Edison het mos ook ‘n olifant doodgeskok om kamstig te bewys hoe gevaarlik Tesla se ‘tipe’ elektrisiteit was…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.