ʼn Franse paartjie kan tot ses jaar tronkstraf gevonnis word ná hulle ongeveer 40 kg wit sand van ʼn strand op die Italiaanse eiland, Sardinië gevat het.
Lees meerAlles vir Dinsdag 20 Augustus 2019
Regter Edwin Cameron tree af ná 25 jaar
Regter Edwin Cameron (66), regter in die konstitusionele hof, het ná 25 jaar as ʼn regter afgetree.
Geen hoësorgeenheid beskikbaar in Pelonomi-hospitaal
Tans is daar nie een operasionele hoësorgeenheid in dié hospitaal nie.
17 vas oor gewelddadige betoging in Hankey
Altesaam 17 persone is reeds in hegtenis geneem op aanklag van openbare geweld.
Groot Brak-moorde: Beskuldigde verander sy weergawe
Die beskuldigde in die Human moordsaak, Stephen Lekoro, het vandag onder kruisverhoor in die rondgaande hof in Mosselbaai getuienis gelewer wat lynreg verskil van sy pleitverduideliking wat aan die begin van die verhoor by die hof ingedien is
Ouma help polisie soek na vermiste tiener
Lisakhanya Siwani (14) is oor die naweek as vermis aangemeld.
Tiener met mes by Stellenbosch-skool aangeval
ʼn 16-jarige is Dinsdagoggend na ʼn hospitaal geneem ná hy met ʼn mes gesteek is by ʼn skool in Stellenbosch in die Wes-Kaap.
ToekomsVenster: Ons God is geduldig
God het jou oneindig lief en is geduldig tot die uiterste. Ek ken jou nie, Hy weet alles. Is jy dalk op ʼn plek waar jy die geduld van God beproef en kyk hoe ver jy sy geduld kan strek?
Luister: ‘Ander Mens’ propvol aksie met donker humor
“Ander Mens het regtig ongelooflike spesiale effekte. Dit het ʼn klankbaan wat jy nodig het om in daardie kwaliteit klank te hoor. Hierdie is die tipe fliek wat regtig op die grootskerm gekyk moet word.”
Gru-ongeluk eis pa, twee jong seuns
“Dit was die grusaamste ongelukstoneel nóg hierdie jaar.”
Ondersoek ná polisiehelikopter by Durban neerstort
Die polisie en die burgerlugvaartowerheid ondersoek die voorval.
Luister in 3 minute: Pensioenfondse en ’n nuwe kredietwet
Gerhard van Onselen, senior ontleder by Sakeliga, gesels in vandeesweek se aflewering van ‘3 Minute, 3 Sake’ oor die ANC se uitlatings oor pensioenfondse, die Black Management Forum se planne om te litigeer oor transformasie en pres. Cyril Ramaphosa se bekragtiging van ʼn nuwe kredietwet.
Susters doodgeskiet, ma gewond toe vriend glo losbrand
Die kinders is onderskeidelik 11 en 15 jaar oud.
Uitdrukking: Eers jou hoed ingooi
Waar kom ons aan die uitdrukking “eers jou hoed ingooi” en wat beteken dit? Taaltoffie stel ondersoek in
Luister: Wiele2Wiele gesels oor Volvo se luukse XC90
Hierdie week gesels die Wiele2Wiele-span oor Volvo se luukse XC90 sportnutsvoertuig, spaar brandstof met die Suzuki Ciaz en gee hulle ouderdom weg met Opel se Corsa GSI. Ironman 4×4 SA gee ook raad oor hoe om die boendoes aan te pak.
Gewilde ‘Spirit of Amarok’-kompetisie in Vrystaat gehou
Al het Volkswagen se Amarok nie ʼn reusemarkaandeel nie, is die Amarok ʼn fantastiese bakkie, en die V6 beslis die beste enjin in ʼn dubbelkajuit in Suid-Afrika.
7de Laan se ‘Eugenie’ droom van Paralimpiese glorie
Haar lewe het in 2004 onherroeplik verander toe sy en haar gesin in ʼn ernstige botsing betrokke was.
Leeu byt man by reservaat dood
’n Man is vanmiddag deur ’n leeu in ’n wildkamp naby Dinokeng in die Cullinan-omgewing doodgebyt.
Die wêreld in foto’s – 20 Augustus 2019
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.
Polisieman skiet inbreker dood
Die polisiebeampte, wat nie aan diens was tydens die voorval nie, het omstreeks 13:00 tuis gekom en die inbreker in sy huis betrap.