Susters doodgeskiet, ma gewond toe vriend glo losbrand

Argieffoto

Die polisie in Noordwes ondersoek twee aanklagte van moord en ʼn saak van poging tot moord, nadat ʼn 51-jarige man glo eers op sy vriendin geskiet en haar gewond het en daarna haar twee dogters doodgeskiet het.

Lt.kol. Amanda Funani, polisiewoordvoerder, het gesê die man en sy 45-jarige vriendin het Maandag in ʼn stryery by ʼn huis naby Mogwase by Rustenburg betrokke geraak.

Die man het glo sy vriendin na ʼn bos gedwing waar hy haar tydens die stryery in die skouer geskiet en gewond het. “Die vrou het weggekom en die man het na haar huis gery, waar hy die slapende meisies aangetref het.

“Hy het hulle na bewering doodgeskiet en van die toneel gevlug,” het Funani gesê.

Die kinders is onderskeidelik 11 en 15 jaar oud.

Die man se verkoolde liggaam is ʼn ruk later sowat 20 km vanaf die moordtoneel in sy uitgebrande voertuig gevind. Dit is in die stadium nie bekend hoe die brand ontstaan het nie.

Funani het gesê die vrou word in ʼn hospitaal behandel.

Lt.genl. Baile Motswenyane, Noordwes se polisiehoof, het die voorval – in Vrouemaand – ten sterkste veroordeel.

“Terwyl die polisie hulle beste probeer om geweld teen vroue en kinders doeltreffend te hanteer, is dit belangrik dat mense professionele hulp soek om geskille vreedsaam op te los,” het Motswenyane gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Sê maar net ·

Alweer die arme kinders wat dit moet ontgeld as grootmense nie hul probleme kan hanteer nie….Wat gaan aan in hierdie siek wêreld??
RIV meisies, julle het dit nie verdien nie…

Kobus ·

Hoekom juis in ” vrouemaand” wanneer dit lankal so gaan. Julle gedink moorde sal gedurende ” vrouemeend” afneem

Thelma ·

Nee jissie hierdie is vir my bitter erg. As ‘n verhouding nie uitwerk nie, stap weg. Hoekom onskuldige kinders doodskiet?? Lafaard het ‘n erger dood as dit verdien. Jissie hierdie maak my bitter woedend.

Lollie ·

Hartseer storie!
Hoekom is dit altyd dat geweld teen vrouens en kinders veroordeel word? Is geweld teenoor mans dan ok? Alle geweld moet veroordeel word! Geweld, moord en doodslag is nie aanvaarbaar nie, maak nie saak teenoor wie dit gepleeg word nie!

ai Koba ·

Ai Koba, weet jy dit vat maande om ‘n vuurwapen te bekom! Van bevoegdheid tot lisensie gaan jou langer as 6 maande vat. Die wat wil moor gaan moor, of met ‘n wapen, of met hul hande, of met ‘n buiteband en ‘n vuurhoutjie, maar moor sal hulle moor.

Emma ·

Wat word en almal is “tricker happy ” skiet links en regs hoe ons dit gaan stop weet ek nie. Jammer vir die naasbestaandes.

Ja Suzi ·

Ja ou Suzi, ek wil OOK weet. Al wat ons kan doen, is vir AL ONS WITTES BID!!!!

Suzie ·

Mense word wakker. Volgens die regstelsel is dit net vrouens wat regte het selfs tot in die kinderhof kan ‘n mens dit duidelik agterkom. Behoede die man wat vir sy kind baklei want volgens hulle het net die “mamma” die kind gemaak en sy kan met die kind maak wat sy wil dis blykbaar haar voorreg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.