Ondersoek ná polisiehelikopter by Durban neerstort

Die vlieënier en sy bemanningslid was ongedeerd nadat die helikopter neergestort het. (Foto: Rescue Care-nooddiens)

Twee vlieëniers is ongedeerd nadat die polisiehelikopter waarin hulle gevlieg het, vanoggend omstreeks 11:30 by die Virginia-lughawe in Durban neergestort het.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care-nooddiens, het gesê die vlieënier en sy bemanningslid is op die toneel ondersoek, maar is nie beseer nie.

TimesLive berig die vlieënier, verbonde aan die polisie se lugvleuel, was besig om opleiding te ondergaan toe die Squirrel-helikopter klaarblyklik krag verloor het toe die vlieënier wou gaan land.

Die polisie en die burgerlugvaartowerheid ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Jacques ·

Ep – Ek stem 100% saam met jou , dit is tragies om te weet waar die land was en dit nou is .

Vaalseun ·

Nee, Ep. Hy wou nie vlieg nie, hy wou land. Hy kon net nie besluit of hy wil land waar die land was of waar hy nou is nie.
En gelukkig, die helikopter is sekerlik Virseker by Assupol?

Pieter ·

Al is dit n helikopter hy moet ook gediens word maar soos ons weet is daar nie geld nie die anc het die polisie se geld gebruik om eskom te help

Arno Scheepers ·

Nie net n helikopter wat neergestort het nie…..die polisiediens het totaal ineengestort, tesame met die res van die staatsdiens.

Johanna Botha ·

Jy is SO reg Arno …presies n weerspieëling van wat in die land gebeur met die anc wat alles op voetter !

Jc ·

Ek is net bly dat die vlieëniers Ok is. Net jammer van al die miljoene wat nou verloor is met die kopter se pryse.

Erich ·

Het nie geweet die polisie het nog helikopters wat kan vlieg nie? Was dit dalk nou die laaste een?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.