Dief vra om verskoning ná hy skootrekenaar steel

Skermskoot van @Zweli_Thixo se plasing

Die Twitter-gebruiker @Zweli_Thixo van Pretoria het ʼn boodskap gedeel wat hy van ʼn dief ontvang het nadat sy skootrekenaar gesteel is.

Die dief het in die e-pos om verskoning gevra dat hy die skootrekenaar gesteel het, maar sukkel om ʼn bestaan te maak. “Bro Howzit, ek weet ek het jou skootrekenaar gister gesteel. Ek het die geld nodig, want ek sukkel om uit te kom. Ek sien jy was besig met ʼn navorsingstuk. Ek heg dit hierby aan en as jy enige ander lêers nodig het, laat weet my Maandag voor 12:00, want ek het ʼn koper gekry.”

Zweli het ʼn skermskoot van die e-pos, wat aan sy eie e-posadres gestuur is, op Twitter gedeel. “Hulle het gisteraand my skootrekenaar gesteel en toe stuur hulle vir my ʼn e-pos. Ek het nou gemengde gevoelens,” het hy by die skermskoot geskryf.

Gebruikers op Twitter het simpatie betuig met die persoon wat die skootrekenaar gesteel het. Een persoon skryf: “Hoekom maak jy nie vir hom dieselfde aanbod as die vermeende koper wat hy gekry het nie?” Nog iemand skryf: “As enigiemand vir hierdie persoon ʼn werk het, help hom asseblief. Hy het deur die skootrekenaar gegaan en gesien daar is ʼn belangrike dokument. Hy kon die tyd en moeite waardeer wat iemand daaraan spandeer het. Ek sou hom eerlikwaar aangestel het as dit in my vermoë was.”

Zweli het Maandag in opvolg-plasing laat weet dat hy weer in kontak was met die vermeende dief. Hy het aanvanklik R4 000 aangebied, maar die dief wou weet of hy hom wou laat arresteer. Die vermeende dief het daarna gesê hy is bereid om R5 000 te aanvaar indien Zweli hom op ʼn spesifieke plek sou ontmoet.

Talle gebruikers het Zweli egter gewaarsku dat dit moontlik ‘n lokval kan wees.

  • Die afspraak is vir Maandag om 12:00, skynbaar in Soshanguve, gereël. Maroela Media sal verdere besonderhede deel indien dit beskikbaar raak.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Porseleintjie ·

Wat sal ons sê? Dis die land, dis ons land Suid’ Afrika!

whatever ·

Jammer ek het jou familielid vermoor, ek kon nie help daarvoor nie. Jammer ek het jou verkrag maar ek was lus. Jammer dat ek jou aangerand het, maar ek was kwaad.
Verskonings, verskonings, verskonings.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.