Dogter nooi dowe pa na musiekkonsert en steel almal se harte

Skermgreep uit die video

ʼn Vrou was eers geïrriteerd met ʼn dogter en ʼn pa voor haar by ʼn konsert, totdat sy uitgevind het waarmee hulle besig was.

Jules Maria het verlede week die Three Days Grace-konsert in Edmonton, Kanada, bygewoon. Die pa en dogter voor haar het ʼn groot spasie gebruik om op die maat van die musiek te dans.

CNN berig die 19-jarige Kari Carberry het in gebaretaal die lirieke met haar dowe pa, die 53-jarige Darrin Carberry gedeel. Hy is doof gebore en het slegs beperkte gehoor in een oor met behulp van ʼn gehoorstuk.

Maria het ʼn video van die voorval op Facebook gedeel waar Kari en Darrin op maat van die musiek dans en vir mekaar kyk terwyl Kari die lirieke vir haar pa in gebaretaal tolk. Die video is intussen meer as 20 miljoen keer gekyk.

“Ons het iets baie mooi beleef,” het Maria geskryf. “Ons het nie omgegee wat op die verhoog gebeur nie, dit was wonderlik om hulle te sien. Hulle was albei baie oulik en die pa was baie trots op sy dogter.”

Three Days Grace het dit ook op sy Facebook-blad gedeel en die musiekgroep se dromspeler, Neil Sanderson, het op sosiale media kontak gemaak met Kari om te sê hoe wonderlik hy dink sy en haar pa is.

At last night's concert, we witnessed something absolutely beautiful. Keep In mind this was a rock concert (Three Days Grace in Edmonton). We saw this girl and a man who seemed to require a lot of dancing room, irritating at first until we realized what was happening. Her father is deaf, she was signing the lyrics to him. We couldn't care less about what was happening on stage, watching them was absolutely mesmerizing. They were both very sweet and her father was very proud of his daughter. So here's one of the songs, sorry just a crappy snippet of what happened.

Posted by Jules Maria on Thursday, December 13, 2018

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Johnnie ·

Dis nou n dogter wat enige pa se hart sal gelukkig maak. Kari jy is super. Mooi so ons is trots op so n dogter.

Ronel ·

Dis fantasties. Eks besig om gebaretaal te leer. Dis nogal n takie en n half om dit te leer.

Abe ·

J,
Ek is nie seker wat jou opmerking probeer se nie. As dit bedoel was om krities te insinueer dat die dogter se motief was om vinnig bekendheid te verwerf, dan dink ek jy is verkeerd en jou opmerking is misplaas. Ek(en baie kommentators) bewonder haar.

Bokkie ·

Agge nee J – dat jy nou n demper op so n mooi gebaar moet plaas. Instafamous – ek is seker dit was nie die idee agter Kari se “optrede” nie – ek dink sy is bitter lief vir haar pa en wou hom net deel maak van die konsert .

J ·

Gaan kyk eerder die res van die video van ander punte af, sal julle verstaan wat ek sê.

AMAZING!! ·

Laat my dink aand die ontvangsdame by die bestuurskool waar ek vir my kind sit en wag het. Die ontvangsdame het pas twee kliente in Afrikaans en Engels gehelp. My mond hang oop toe sy die volgende persoon in Tswana help. Daar kom toe ‘n doofstom persoon in met ‘n tolk. Wat toe gebeur was ongelooflik. Die klient het in gebaretaal met sy tolk begin kommunikeer. Maar toe die tolk na die die ontvangsdame draai begin die ontvangsdame in gebaretaal direk met die doofstom klient kommunikeer. Ek was uit die veld geslaan.

Abe ·

AMAZING,
Wat n goeie ontvangsdame? Ek wens altyd dat mense wat telefone antwoord tog net enige taal wat jy verstaan min of meer duidelik kan praat. Ek verwag nie wonderwerke nie maar soms kan mens werklik nie jou besigheid gedoen kry nie want jy verstaan nie wat gese word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.