€30 000 as jy in Italiaanse dorpie kom bly

Kerk in Presicce (Foto: Lupiae, eie werk via Wikimedia Commons)

ʼn Paar klein dorpies in Italië is besig met planne om mense te lok om daar te kom bly in ʼn poging om hul ekonomie om te keer.

Presicce, ʼn dorpie in Puglia, bied nou ʼn kontantbonus aan om inwoners te lok. Volgens owerhede sal hulle mense €30 000 (sowat R530 000) betaal om ʼn huis in die dorpie te koop en hul intrek te neem, berig CNN.

Alfredo Palese, raadslid vir Presicce, het aan CNN gesê daar is talle huise in die geskiedkundige dorp wat leegstaan. “Die huise is almal voor 1991 gebou en ons sal dit graag wil sien herleef met nuwe inwoners.”

Palese sê dit is hartseer om te sien hoe ou distrikte vol geskiedenis, wonderlike argitektuur en kuns mettertyd ontruim word.

Die kontantbonus het ten doel om voornemende inwoners na die dorpie te lok.

Die besonderhede van die ooreenkoms word nog bepaal, maar die raadslid voer aan owerhede sal binnekort aansoeke kan ontvang. Enigiemand wat belangstel, sal die besonderhede op die stadsaal se webwerf vind sodra alles uitgestryk is.

Om in aanmerking te kom vir die kontantbonus, sal kopers intrek moet neem in Presicce en een van ʼn rits gekose eiendomme moet koop wat voor 1991 gebou is. Owerhede het reeds bepaal watter eiendomme te koop aangebied sal word met dié ooreenkoms.

Volgens Palese begin huispryse op sowat €500 per vierkante meter. ʼn Huis van sowat 50 m², wat ook herstelwerk sal benodig, sal jou sowat €25 000 kos.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Republikein in die Wes Kaap ·

Moontlik ‘n beter opsie as die Wes Kaap.

otter ·

ok alles goed en wel , jy weet seker as jy reg lees jy moet jou eie huis koop ???? En o ja , glo my jy gaan dit nie kan bekostig nie.

Blikkantien ·

Dit klink te goed om waar te wees. Daar is seker verskuilde gebreke aan die huise of ‘n klomp voorwaardes wat jou baie geld gaan kos.

VaalDonkie ·

Dis hoe dit met die vorige oefening was. Jy kan ‘n huis vir 1 Euro koop, maar jy moet derduisende spandeer om die ding op standaard te kry voor jy daar mag bly.

kommentaar ·

kan julle reel vir ‘n drywer om my op die lughawe te kry asb?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.