Een tweeling, twee dekades

Dawn Gilliam en Jason Tello (Foto: Grace Hollars/Indystar)

Dié pasgebore babas is dalk ʼn tweeling, maar hulle gaan nooit dieselfde verjaarsdag vier nie. Hulle is in verskillende jare en verskillende dekades gebore.

Joslyn en Jaxon Tello is vroeggebore – hulle ouers, Dawn Gilliam en Jason Tello, het hulle eers op 19 Februarie verwag. Gilliam is op Oujaarsaand na die Ascension St Vincent Carmel Hospital in Indianapolis in die VSA. Sy was besorg oor ʼn gebrek aan beweging van haar babas, het WBNS berig.

Joslyn is die aand van 31 Desember 2019 om 23:37 gebore (1,86 kg). Haar boetie, Jaxon, is 30 minute later om 00:07 gebore (2,1 kg) – toe dit reeds 2020 was.

Hulle is dus op twee verskillende dae in twee verskillende jare in twee verskillende dekades gebore.

Die twee babatjies is nog op voedingsbuise en sal na verwagting nie gou uit die hospitaal ontslaan word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Megan Swart ·

Dagsê Yolani, dit was inderdaad ‘n fout – dit moet natuurlik 31 Desember 2019 wees. Die artikel is gewysig.
Dankie! Groetnis
Megan
nms Maroela Media

Amanda ·

Moet seker 31 Desember 2019 wees..nie 31 Januarie 2019 nie

koos ·

En as dit in SA was sou hulle in twee verskillende jare moet begin met skool!!
Die oudste kan in 2026 met graad 1 begin, maar die jongste eers in 2027.

Johan Grobler ·

Heeltemal reg Chrisjan. Die jaar 2020 is die laaste een van ‘n dekade en nie die eerste een van ‘n nuwe dekade nie. Die volgende dekade se eerste jaar sal 2021 wees.

Sarel ·

Nee verkeerd. As jy R 9.99 het is jou bate nie in die tiene nie. As jy R 10 het begin jy met tiental getalle en is jy in die tiental getalle.

Anni ·

Ouers kan self besluit om di 2020 baba, Selfde datum te laat registreer as 2019 baba.

CK ·

Ek sou albei kinders registreer op 1 Januarie. Jy kan dit definitief doen. Het dit al telkemale teëgekom waar ek werk.

Sebastian Pistor ·

Die lesers wat opmerk dat die dekade eers op 31 Desember 2020 eindig, is heeltemal in die kol. Wat die verslaggewer bedoel, is dat die oudste een van die tweeling in die 2010’s gebore is en die jongste in die 2020’s.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.