Finaliste: Die snaaksste dierefoto’s

Harry Walker (Comedy Wildlife Photography 2019)

Van leeus wat lyk of hulle ʼn riel dans tot ʼn pikkewyn wat die branders ry en selfs robbe wat vriendelik wuif – vanjaar se finaliste in die Comedy Wildlife Photography-toekennings sal jou beslis laat glimlag.

Paul Joynson-Hicks, ʼn Britse fotograaf en medestigter van die gesogte toekenning, sê hulle beleef jaarliks hoe mense al hoe meer die snaakse kant van die natuur raaksien.

Buiten om lekker te lag vir die diere, het dié toekennings ook ten doel om persone aan te moedig om natuurbewaring tuis en op vakansie te ondersteun deur produkte te vermy waarvan die vervaardiging diere se habitatte bedreig, water te bespaar en self ʼn invloed uit te oefen as iemand wat vir die natuur omgee.

Vanjaar se wenner word op 13 November aangekondig en die eerste prys is ʼn een week lange safari in Kenia se Masai Mara. Dertien beoordelaars, elkeen ʼn kenner op sy/haar gebied, sal die wenner bepaal.

Die publiek kan ook vir hul gunstelingfoto stem (klik hier).

As jy self volgende jaar jou foto wil inskryf, kan jy inteken op die nuusbrief om op hoogte te bly van die inskrywings.

Hier volg ʼn keur uit vanjaar se finaliste. Klik hier om al die finaliste vir 2019 te sien.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Klip inni Bos ·

Al die fotos is kostelik. Ek sal nie n wenner kan kies nie.

Feite ·

Op hierdie hedige stand van sake in die wereld is diere soveel beter as mense.

kraai ·

Pragtige foto’s. Diere kan ook maar oorspronklik optree. Ons kan baie by hulle leer

Essa ·

Absolute fees van humor!!! Dankie tog vir sulke goeie fotograwe wat sulke kostelike “menslike” gedrag raak sien. Soos mevrou Voëltjie se relaas terwyl meneer Voëltjie ‘n dowe oor draai. En die baba wat dood verveeld wag vir die groot mense om klaar te slaap ….. ????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.