Foto: Julia ‘beplak’ met George se gesig toe hy vereer word

Julia Roberts by die Kennedy Center Honors-geleentheid in Washington. (Foto: Elizabeth Stewart/Instagram)

Die gewilde Hollywood-aktrise Julia Roberts het Sondagaand behoorlik die koppe laat draai in ʼn uitrusting waarop haar jarelange vriend en kollega, George Clooney, se gesig pryk.

Clooney is tydens die jaarlikse Kennedy Center Honors-geleentheid in Washington, VSA, vereer vir sy bydrae tot die kunste en sy invloed op die Amerikaanse kultuur.

Roberts het die geleentheid saam met talle ander bekendes bygewoon. Clooney (61)  is deur sy vrou van agt jaar, Amal, vergesel. Sy het ’n elegante rooi rok deur Valentino gedra.

Dit was egter Roberts (55) se swart, pasgemaakte rok deur Moschino, waarop ʼn kleurryke collage van Clooney gedruk is, wat almal se oog gevang het.

Daar het selfs foto’s van Clooney in sy dae as akteur in die hospitaaldrama ER op die rok gepryk.

“Ek het grootgeword in ’n klein dorpie in Kentucky. Ek sou nooit kon droom dat ek eendag op die balkon by die Kennedy Center Honors sou sit nie,” het Clooney aan ABC News vertel.

Die sangeres en liedjieskrywer Amy Grant, sangeres Gladys Knight, komponis Tania León en die musiekgroep U2 is ook tydens die geleentheid vir hul bydrae tot die kunste vereer.

Die Amerikaanse president, Joe Biden, en vise-president, Kamala Harris, het ook die geleentheid bygewoon.

Bykomende bron: People.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Martie Smartie ·

Die hele woke slap spul bymekaar. Nes n ou bak trifle wat gesmelt het

Pierre ·

Sjarmante vrou, sy lyk altyd te pragtig maak nie saak wat sy dra nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.