Foto’s: 10 vreemdste hotelle ter wêreld

Vreemde-Hotelle.jpg

Daar is wêreldwyd ʼn paar vreemde hotelle waar reisigers kan tuisgaan.

Amerikanki het hierdie lys van 10 saamgestel:

1. Dog Bark Park Inn, geleë in Cottonwood in Idaho, Amerika, is ’n hotel wat enige hondeliefhebber se smaak sal prikkel. Die hotel is gebou in die vorm van ʼn speurhond (Beagle). Dit bestaan uit twee dele genaamd Sweet Willy en Toby en selfs die kussingslope en matte het motiewe van honde op! Die hotel is natuurlik ook dierevriendelik.

2. Das Park Hotel in Linz, Oostenryk, is rioolpype in gerieflike kamers omskep. Die kamers is knap en bestaan slegs uit ʼn bed en ʼn lampie. Elke kamer het ventilasie en elektrisiteit. Hoewel daar ʼn gaatjie vir jou bagasie is, moet jy die badkamer en kombuisgeriewe elders vind en selfs ekstra daarvoor betaal. Die onwikkelaar, Andreas Strauss, sê die hotel is opgerig om gasvryheid in Oostenryk ten toon te stel en toeriste te lok.

3. Die Palacio de Sal in Bolivia is in sy geheel van sout gemaak! Die vloere, dak, mure en selfs die beddens en stoele is van sout. Gaste word verbied om die mure te lek en word ook gemaan om versigtig te wees wanneer hulle die meubels gebruik. Die hotel is 12 000 voet bo seespieël en het ʼn skilderagtige uitsig van die sonsondergang en sterrehemel.

4. ʼn Massiewe beeldhouwerk van menslike ingewande, bekend as CasAnus, is in Kemzeke, België opgerig deur die kunstenaar Joep van Lieshout. Die hotel is ʼn beeld van die spysverteringstelsel van die tong tot die anus. Daar is slegs een kamer wat ingerig is met ʼn dubbelbed, ʼn verwarmer, ʼn stort en ʼn toilet en is glo baie gerieflik. Die hotel word bestuur deur twee Belgiese kunsversamelaars. Die hotel is veral gewild onder paartjies en word deur tot 250 mense per jaar besoek.

5. J.R.R. Tolkien-aanhangers sal hou van hierdie hotel: die The Hobbit Motel is geleë in Woodlyn Park, Nieu-Seeland. Die gebou is gemaak uit polistireenblokke wat temperature in die somer en winter kan reguleer en die dak is bedek met gras. Die akkommodasie is glo baie skoon en netjies. Gaste kan ook na die “Billy Black Culture Show” kyk, waar hulle meer kan leer oor die Nieu-Seelandse kultuur, die inheemse diere kan sien en selfs kan deelneem aan aktiwiteite.

6. Die Null Stern-hotel in Teufen, Appenzellerland, Switserland, is enig in sy soort en sy leuse is “the only star is you”. (Null Stern beteken “nul ster” in Duits.) Die hotel is opgerig in ʼn Koue Oorlog-bunker. Dit het geen vensters nie en is nog ʼn voorbeeld van hoe ou geboue hergebruik kan word. Daar is niks aan die dekor verander nie, maar daar is wel ʼn bed, meubels en ligte om dit vir die gaste geriefliker te maak.

7. Sedert 1979 is kapsulehotelle baie gewild in Japan. Die kamer is ʼn klein kompartement, ongeveer twee meter lank en een meter wyd. Vandag is daar ook televisieopvangs en internetgeriewe in die kamer beskikbaar, maar gaste word gemaan om nie binne die kamer te eet nie. Gaste hoef nie vooraf te bespreek nie en die akkommodasie is relatief goedkoop vanaf $25 (ongeveer R300) per nag.

8. Die IceHotel in Lapland, Swede, is heeltemal van ys gemaak en word elke winter deur ontwerpers en argitekte herbou. Volgens hulle is dit nie net ʼn hotel nie, maar ʼn kunsprojek wat elke jaar hulle verbeeldinge aanmoedig. Daar is 65 kamers en selfs die beddens is van ys gemaak. Avontuurlustige paartjies kan tussen Desember en April in die Ys-kerk trou aan mekaar beloof.

9. Die V8 Hotel in Meilenwerk, Duitsland sal enige motorfanatikus gaande hê. Die hotel is geleë in die “Motorworld” streek van Stuttgart. Elkeen van die 34 kamers het ʼn motorskema. Gaste kan kies of hulle in ʼn Mercedes Benz motor-bed wil slaap en of hulle in die werkswinkel wil vertoef waar die beddens met ʼn domkrag gehys word. Kinders word toegelaat en elke kamer is ingerig met ʼn CD-speler en internet. Daar is ook gratis parkering en wasgoedfasiliteite beskikbaar. Gaste kan ook ʼn toer na die Mercedes Benz-museum onderneem.

10. By die Forest Hut Hotel is daar geen elektrisiteit of storte nie en dit word geklassifiseer as een van die mees primitiewe hotelle in Swede. Elke kamer is ingerig met twee beddens, ʼn kaggel, kerse en lampe. Al die geriewe is buite en gaste sal in die meer moet afspoel. Gaste kan ook kies of hulle self kos wil soek en of dit afgelewer moet word. Daar is ook wildbesigtigingsstoere wat onderneem kan word en gaste kan gaan stap en bloubessies pluk.

Oops! We could not locate your form.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eliza-beth ·

Nee gits, ek betaal nie om te “suffer” nie! Dan bly ek liewer tuis met eie en-suite badkamer en al my ander geriewe. Waar wil ek gaan kos soek in die veld of vries in ‘n plek sonder hitte of engtevrees kry in ‘n benoude hokkie? En dan nog BETAAL vir dit? Nee wat, dankie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.