ʼn Bejaarde vrou is slegs gering beseer nadat sy met haar motor in haar huis vasgejaag het, in Fresno in Kalifornië, Amerika.
“Die 73-jarige vrou het Maandagoggend per ongeluk vet gegee in plaas van om die rempedaal te trap,” het die California Highway Patrol gesê.
Die vrou wou haar motor parkeer.
Niemand was in die huis toe sy met die motor deur die muur gebars het nie. Die vrou het net gekla van nek- en rugbeserings.
En daar’s die rede hoekom ons nie vir ouma ‘n motor moet gee nie.
As die Amerikaners nie huise van hout gebou het nie, maar met bakstene, sou sy erger beserings opgedoen het.