Nou kan jy sommer fiks word terwyl jy wasgoed was!
Die BiWa (Bike Washing Machine) is ʼn stilstaande fiets wat deur studente van die Dalian Nationalities University in China ontwerp is.
Die drom draai wanneer jy die fiets trap en dit wek energie op om krag te lewer aan die motor. Surpluselektrisiteit word in die battery gestoor vir toekomstige gebruik.
“Die BiWa kombineer ʼn stilstaande fiets en ʼn wasmasjien, jy kan oefen terwyl jy jou wasgoed was,” lui die ontwerpersbeskrywing op Tuvie.
Ek wil een hê vir my verjaarsdag.
Ek wil een vir my man gee vir sy verjaarsdag! ☺
Ek wil ook een he asseblief.
Bloody oulike konsep! Soek ook ene!
My ouma het so ‘n wasmasjientjie gehad wat jy gedraai het. Het meer op die prinsiep van ‘n botter karring gewerk. Dit het lakens baie netjies gewas. Gooi net louwater en waspoeier in , skroef deksel op en draai. Mense wat gereeld gaan kamp het, het dit ook gebruik.