Europabruecke, die langste hangbrug in die wêreld in Switserland (Foto: Valentin Flauraud/Keystone via AP)
Die langste voetganger-hangbrug in die wêreld het pas in Zermatt Matterhorn, in die Switserse Alpe, oopgemaak.
Dié staalbrug in die suide van Switserland is 494 meter lank en is nou die wêreld se langste voetganger-hangbrug, aldus ʼn persverklaring deur Zermatt Matterhorn.
Die brug is op 29 Julie onthul ná ʼn konstruksieperiode van slegs 10 weke. Stappers, wat opgewonde was oor die idee om 85 meter bo die grond te loop, kan nou van die “Europabruecke” gebruik maak om die Europaweg-staproete oor te steek, tussen Grächen en Zermatt.
Die staproete word beskou as een van die mooiste twee dag staproetes in die Alpe.
Die Europabruecke is slegs 65 cm breed en strek soos ʼn dun staaldraad oor die vallei.
Die Grabengufer-ravyn in Reutte, Oostenryk, is 110 meter hoër as Europabruecke, maar net 405 meter lank.
Europabruecke, die langste hangbrug in die wêreld in Switserland (Foto: Valentin Flauraud/Keystone via AP)
Europabruecke, die langste hangbrug in die wêreld in Switserland (Foto: Valentin Flauraud/Keystone via AP)
Europabruecke, die langste hangbrug in die wêreld in Switserland (Foto: Valentin Flauraud/Keystone via AP)
Europabruecke, die langste hangbrug in die wêreld in Switserland (Foto: Valentin Flauraud/Keystone via AP)
Europabruecke, die langste hangbrug in die wêreld in Switserland (Foto: Valentin Flauraud/Keystone via AP)
Europabruecke, die langste hangbrug in die wêreld in Switserland (Foto: Valentin Flauraud/Keystone via AP)
Europabruecke, die langste hangbrug in die wêreld in Switserland (Foto: Valentin Flauraud/Keystone via AP)
Europabruecke, die langste hangbrug in die wêreld in Switserland (Foto: Valentin Flauraud/Keystone via AP)
Europabruecke, die langste hangbrug in die wêreld in Switserland (Foto: Valentin Flauraud/Keystone via AP)
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
Lekker man ek sal graag daaroor wil stap.
Daar is nie ‘n m-m-m-manier dat jy m-m-m-my d-d-d-daar k-k-k-kry nie. Ek kry hoogtevrees as ek net van die straat op die sypaadjie klim!
Ja nee kyk… Moet n belewenis wees om daar oor te stap maar ek is eder bang Jan!!
Lyk asemrowend!! Sal dit egter daar in Switzerland kan waag – want hul sal dit in stand hou.