Hen beskerm katjies tydens ʼn storm

(Foto: Buitengebieden/Twitter)

Soms duik ʼn foto op die internet op wat mens sommer laat lekkerkry. Een só foto steel harte op sosiale media waar ʼn hen twee katjies tydens ʼn storm beskerm.

Die foto word wyd op sosiale media gedeel nadat dit Woensdag op Twitter deur die gebruiker Buitengebieden gedeel is. “Hen versorg vreesbevange katjies tydens ʼn storm,” lui die byskrif by die foto.

Dit is nie bekend waar die foto geneem is nie.

“Ma’s gaan ma’s wees,” het een gebruiker gesê. Die Twitter-gebruiker Denise Krusche het ook die foto gedeel met ʼn sterk boodskap: “Die sterke beskerm die swakke. Verskillende spesies, maar wonderlike simpatie. Mense kan so baie by diere leer!”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Sandra ·

Ek kan my ook net indink hoe lekker warm die hoender se pens vere is.

Misky ·

Meer menslikheid en empatie as sommiges wat die aarde bewandel. Dis kosbaar verby!!!!

Shakespeare ·

Baie meer as wat ons kan sê van die “human race”. ‘n Dier stel vir ons die voorbeeld. ?????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.