Hoe uniek is jou oog- en haarkleur?

Argieffoto (Foto: Karen Warfel/Pixabay)

Alle ouers dink hul kind is uniek, maar dit is onwaarskynlik dat jy die seldsaamste oog- en haarkleurkombinasie ter wêreld het.

Groen oë is ongewoon, maar het jy geweet dat mense met blou oë almal verwant is? Blonde hare is ongelukkig nie ʼn teken van seldsame genetika nie.

Mense met rooi hare en blou oë is die seldsaamste oog- en haarkleurkombinasie ter wêreld.

Volgens Medical Daily, is blou oë en rooi hare albei resessiewe gene, en dit maak die waarskynlikheid dat iemand albei dié kenmerke het, baie klein.

Natuurlike rooi hare kom slegs tussen 1% en 2% voor in die menslike bevolking, terwyl slegs sowat 17% van mense blou oë het. Tegnies beteken dit dat ongeveer 0,17% (sowat 13 miljoen mense) van die wêreld se bevolking dié kombinasie het.

Dit is egter moeilik om die wiskunde te bevestig, omdat verskeie faktore ʼn rol speel in die waarskynlikheid van die kombinasie.

As jy dus self rooi hare en blou oë het, of iemand ken wat met dié kenmerke, kan jy hierdie interessante brokkie met hulle deel!

Hier is nog interessante feite oor mense met rooi hare:

  • Mense met rooi hare verg meer narkose tydens operasies. Tydens ʼn studie in 2004 is daar bevind dat vroulike pasiënte met rooi hare 20% – 30% meer narkose benodig as ander vroue.
  • Mense met rooi hare is waarskynlik meer sensitief vir koue en hitte as ander mense.
  • ʼn Studie in 2006 het bevind mense met rooi hare doen makliker kneusplekke op.
  • Mense met rooi hare het ʼn groter waarskynlikheid om linkshandig te wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Misky ·

My niggie, Zanri het die mooiste diep rooi hare en potblou oë!!!! Sy is nou nog meer spesiaal en pragtig in my bruin oë nadat ek die artikel gelees het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.