Kykers gaande oor trourok van plastiekkoppies en -borde

Skermgreep uit die video

Gebruikers op sosiale media is gaande oor ʼn vrou se trourok wat van plastiekkoppies en -borde gemaak is.

In die video waar sy met die trourok verskyn kan mens sien dat daar nie baie lap gebruik is nie.

Die video is reeds meer as 14 miljoen keer gekyk en kykers staan verstom oor die merkwaardige vaardigheid.

Die ontwerper @isabelletengue het ʼn video van die trourok op TikTok gedeel. Sy het die plastiekborde en -koppies in ingewikkelde vorms uitgesny om die bostuk, romp en sleep te maak.

Die bruid en ontwerper word albei vir hul kreatiwiteit geloof.

“Dis baie uniek en mooi!” skryf een persoon. “Ander ontwerpers kan hul kop in skaamte laat hang oor dié rok – dis pragtig!” skryf nog iemand.

@isabelletengue

♬ son original – Isabelle TENGUE ????????❤️

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Petrus ·

Pragtig gedoen, maar die klomp skottelgoed sal steeds ‘n aardige bedraggie kos. Inderdaad baie kreatief.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.