Lekker lag: Haar rybewys is toe ’n foto van ʼn stoel

Die foto wat Jade Dodd gedeel het

Jade Dodd, van Tennessee in die VSA, het gesien iets word vermis toe sy haar rybewys ontvang het – ʼn foto van haarself!

Volgens WKRN-TV het Jade haar nuwe ID deur die pos ontvang en sy was verbaas en het lekker gelag toe sy ʼn foto van ʼn leë stoel sien waar haar gesig moes wees. Sy het die departement van motorvoertuie besoek om die fout reg te stel – maar hulle wou haar aanvanklik nie glo nie.

“Die dame by die DMV wou my nie regtig glo nie. Toe het sy dit in die stelsel opgesoek en gesê haar bestuurder sal haar moet help.”

Jade het die foto op Facebook gedeel waar dit vinnig wyd versprei is. “Baie snaaks!” skryf een gebruiker. “Ek huil van die lag!” skryf ʼn ander persoon.”

Jade sê haar kollegas het ook gedink dit is baie snaaks. “My baas dink dis die snaaksste. Ek was Vrydag by die werk en hy het na ʼn stoel buite sy kantoor gewys en gesê, ‘Ek het dink dis jy. Ek het vanoggend vir hom gewaai’.”

Die departement van veiligheid en binnelandse veiligheid het aan CNN gesê die fout het gebeur omdat die verkeerde foto op Dodd se profiel gestoor is. “Toe die gebruiker onlangs haar rybewys aanlyn hernu het, het sy ʼn foto van ʼn stoel ontvang, want dit was die laaste foto op die lêer,” het Wes Moster, woordvoerder van die departement, in ʼn verklaring gesê. “Die departement het dadelik die probleem opgelos vir die gebruiker en ʼn rybewys aan haar verskaf met die regte foto. Die kwessie is intern verder hanteer.”

Currently on hold with the dmv since this is what I got in the mail when I renewed my license…. ????‍♀️

Posted by Jade Dodd on Wednesday, August 5, 2020

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

lollapot ·

Ons het Mbeki’s, dan kan daar seker maar Mstoeltjie’s ook wees!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.