Ma gekap wat tweelingbaba laat tatoeëer

Argieffoto (Foto: Patrick Vandermaesen/Pixabay)

ʼn 31-jarige ma word veroordeel omdat sy een van haar tweelingbabas laat tatoeëer het, sodat sy hulle kan uitken.

Die vrou het haar na Reddit gewend om by gebruikers te hoor of sy ʼn fout gemaak het, nadat haar skoonma glo baie kwaad was.

Die tweeling, Adam en Jack, is gebore ná die vrou vyf jaar lank gesukkel het om swanger te raak. Jack is egter met ʼn toestand gebore wat beteken dat hy minstens een keer per week ʼn inspuiting moet ontvang. Sy het besluit om hom te laat tatoeëer sodat sy seker kan wees sy dien die medikasie toe aan die regte seuntjie, berig Daily Star.

Sy het verder verduidelik dat sy intussen moes terugkeer werk toe en haar skoonma het die babas opgepas. In daardie tyd het die ouma per ongeluk die medisyne vir Adam gegee in plaas van Jack. “Sy het die verkeerde baba ingespuit,” het die ma gesê. “Hulle lyk identies. Ek en my man raak soms verward. Almal verwar hulle.”

Die ouma het dadelik die fout besef en paramedici ontbied en hulle is na ʼn hospitaal geneem. “Toe ek by die hospitaal aangekom het, het hulle Adam reeds behandel en albei was gelukkig en tevrede.”

Die ma sê Adam was gelukkig nie in gevaar nie, die medikasie werk nie dadelik nie en hy sou waarskynlik net binne ʼn paar dae diarree gehad het, maar die ouma kon haarself byna nie vergewe nie. “Ek wou haar gerusstel, maar sy het geweier om hulle weer op te pas, en ek het hulle na ʼn dagmoeder gestuur.”

Om te verhoed dat só fout weer gebeur, het die dokter aanbeveel dat hulle ʼn mediese tatoe aanbring – ʼn klein sproetjie, byna so groot soos ʼn potlood se uitveër, op ʼn deel van die vel wat mens maklik kan sien. Die tatoe is toegedien onder ligte verdowing, soortgelyk aan dit wat ʼn tandarts toedien. Die tatoe sal na verwagting al hoe dowwer raak soos wat die kind groter word.

Ander ouers op Reddit het begrip gehad vir haar situasie en haar gerus gestel dat sy beslis die regte ding gedoen het. “Ek laat tatoeëer eerder Barney die dinosourus op my kind eerder as wat ek die medisyne vir die verkeerde kind gee!” het een laat weet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Danny ·

Nee wat mamma, dis nie asof jy hulle vermink het nie, of een van hulle altans ;) Slaap gerus, dit was ‘n wyse besluit en ek verkwalik julle glad nie!! Welgedaan, harde werk die kids..

QueenB ·

Regte ding gedoen mamma jy dra net jou seuntjies se belange en gesondheid op die hart

Sarel ·

Net die wat nie daar was nie ssl jou oordeel. Jy het in syceie belang en pp Mediese Advies oogetree

Keelvol ·

n Ouer sal altyd hulle tweeling tussen mekaar kan uitken. Nee wat vroumens, dit was n simpel idee gewees.

wimpie ·

Stem saam met die feit dat n ouer haar kinders sal uitken maar lees weer die berug nadat die verwarring met die ouma gebeur het was die mediese voorstel gemaak dis nie n permanente tatoo nie en ook nie n normale tatoo nie.ek dink die vrou het reg opgetree

koos10 ·

Johan, het jy al ‘n identies tweeling gehad?
Wel ek het 2 broers wat iedentiese is en selfs my ma kon hulle nie uitken nie.
Hulle het groot sports op laerskool gemaak!

Suzette ·

Ja Johan, die ouer of ouers sal, maar wat as iemand anders na hulle kyk soos die geval was ? ‘n Potlood kolletjie wat oor tyd sal verdwyn red dalk net die lewe van altwee seuntjies.

Die Wolf ·

Jy het nou gekry wat jy gesoek het.Fame by die deur uit.

Daleen ·

Net as jy al in haar situasie was kan jy kritiseer en veroordeel anders bly eerder stil…..

AH ·

Debbie, het jy al ‘n tweeling gesien wat werklik identies is? Ek glo nie! Jy sou nie so ‘n sotlike opmerking gemaak het as jy het nie!

Misky ·

Toe ek die opskrif en berig begin lees, het ek gedink nee maggies, dis verregaande. Maar nadat ek die volle berig gelees het en hoe dit gedoen is, het ek ook geen probleem daarmee nie en dis totaal verstaanbaar.

Marius ·

Dit was briljant om dit voor te stel . wel gedoen dokter en mamma . Dit is in die beste belang van altwee die seuns . Ek sou dit ook gedoen het . Eerder dit as om by n oop graf te staan .

Elrita ·

Ek sien niks verkeerd met wat jy gedoen het nie. Dit wys eder dat jy ‘n ma is wat omgee.

Vonkprop ·

Magties man, waaroor het die mense gekla? Dit is ‘n sproetjie so groot soos ‘n punt, nie ‘n Hell’s Angels tattoe op sy rug nie.

Talitha ·

So groot soos ‘n potlood se uitveër. Bietjie groter as ‘n punt

Johan ·

Ek sou graag wou weet waar op sy lyfie die tatoe aangebring is?

Mad Mike die Rhodesiër ·

Net onkundiges sal haar veroordeel! En dis net ‘n punt op die siek kleinding se arm. Dis ‘n MEDIESE tatoeëer-merk, nie ‘n monster nie! Baie mense wat bang is om verkeerd gediagnoseer te word, kry so ‘n merk. Vir party, soos ‘n diabeet wat net een soort insulien kan gebruik, is dit noodsaaklik. Die merk is klein en onopsigtelik, maar mediese personeel weet om daarvoor uit te kyk. Die kleintjie se tatoeëer-merk is tydelik en sal uiteindelik verdwyn, maar as hulle dit later wil hernu kan ‘n permanente een aangebring word.

Eend Bessinger ·

‘n Mediese tatoeëermerk is ideaal vir sekere siekte toestande. Dit kan tydelik (soos hierdie een) of permanent wees. Sekere persone moet so ‘n merk dra (byvoorbeeld diabete wat net een soort insulien kan gebruik) en mediese personeel kyk uit vir sulke merke.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.