Paartjie gekap oor ‘gevaarlike’ Instagram-foto

Foto: Positravelty/Instagram

ʼn Paartjie wat gewildheid op Instagram verwerf het, het onder skoot gekom vir ʼn foto by ʼn randlose swembad wat sommige as “gevaarlik” en “dwaas” beskryf.

Kelly Castille en Kody Workman hou egter vol hulle het die nodige voorsorgmaatreëls getref en hulle lewens was nooit in gevaar nie.

Die foto is vroeër vandeesmaand op hul Instagram-rekening, Positravelty, gedeel. Die twee Amerikaners het die foto in Bali geneem, waar hulle tans gebaseer is. Kelly hang dapper aan die rand van die swembad in Kody se arms – wat in die water staan. Die foto is glo by die Kayon Jungle Resort in Ubud geneem.

Sedert die foto aanlyn gedeel is, het talle persone dit veroordeel. Sommige gebruikers meen die paartjie plaas “likes” bo hul eie veiligheid en ander het hulle veroordeel omdat hulle “onverantwoordelik” was.

Kelly en Kody het egter verduidelik daar is nog ʼn swembad onder die boonste een, en hulle het dit uit die foto gesny vir die dramatiese effek. “Ons het veilig en stabiel gevoel: eerstens is daar ʼn swembad daar onder en tweedens het ons dae lank nagedink oor die foto – ons het al die hoeke en moontlikhede oorweeg.”

Die twee het gesê as Kelly sou val, sou dit niks meer as ʼn sprong in die swembad beteken het en dan weer al die trappe boontoe om weer die foto te probeer neem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Piesang ·

Wonder of hulle ook sal horries kry as hulle my ouma sien bestuur…

LD ·

Ek kyk nou so na die tweede foto waar die onderste swembad ook gesien kan word en sien dat daar ñ groot verskil in die kleur van die water asook die plante en bome is…. ek neem aan die tweede foto is waarskynlik vir advertensie gebruik en die eerste een is hoe dit werklik daar lyk. Nie te min, dit bly mooi!

bolla ·

Raai hoe ver sou sy geval het tot in die onderste swembad? Ek raai ongeveer 3m (dalk meer). Kyk na haar liggaamslengte in vergelyking tot die groot, horisontale kraak teen die muur.

Andreas ·

Daardie swembadstruktuur met die poel doer bo behoort toetentaalverbied te word. Dalk is daar ‘n kennisgewing by die boonste poel se ingang wat sê, “net vir grootmense”. Dalk is die een aan die onderkant so diep dat as mens van bo af stort sal jy geen besering opdoen nie, so diep is dit, jy moet net kan swem. Maar dan moet hulle dit ook op die kennisgewing aanbring.

Andreas ·

O ja en dan moet daar ‘n bord wees wat sê, “nie vir mense met hoogtevrees nie”. Maar dan is die omgewing onderkant die tweede poel net so vreesaanjaend.

Rerig??? ·

Ai die mensdom. Dai foto sou my nie eens n minuut bygebly het nie. En as hul dit doen en afval, hopelik het daar net gestaan op eie risiko.

jakes ·

Die meisie kan maar val as ek daar is, sal haar vang, vir myself.

Sê maar net ·

Seriously…dit is nie speletjies om sulke foto’s te neem nie. Goeie vriendin aan die dood afgestaan laasjaar toe sy ook ‘n ‘Epic’ foto wou hê, gegly en van berg afgeval. Mense leef deesdae vir ‘wow’ foto’s, dit mag dalk jou laaste wow wees.

Andreas ·

Dit laat my dink aan die muis wat deur die huis loop en soek, dan vra hy: ‘waars die kaas, waars die kaas”, soos die kop heen en weer gaan, nou vra ek ook, “waars daai swembad, waars daai swembad”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.