Die wêreld se bekendste langbeenpop, Barbie, het onlangs ʼn gedaanteverwisseling ondergaan en wêreldwyd versoek mans nou dat Ken ook ʼn bietjie meer realisties moet lyk.
Maroela Media het vroeër berig Barbie is nou langer, ronder of kleiner met verskillende velkleure.
Volgens die vermaaklikheidswebwerf, The Mary Sue, is Ken se agtergrond bietjie anders as dié van sy vriendin. Hy is oorspronklik gebaseer op die ontwerper Ruth Handler se man.
Kelly Brownell, sielkundige van Yale University, het in 2006 mans sal ongeveer “50 cm langer moet wees, byna 30 cm moet uitsit in borsgrootte en byna 20 cm in boordjiegroote” as hulle soos Ken wou lyk.
Dink jy Ken moet ook ʼn nuwe weergawe kry?
Nee wat, Ken lyk soos n slob! Geen kind gaan tweekeer na hom kyk! Hy sal op die rak bly!
Hoekom het Ken so mo..se ken?
Dis poppe… Speelgoed… Hoe bring jy ‘n produk op die mark en verander die hele konsep dan is dit mos nie met dieselfde nie? Watter man speel pop dathulle n’n meer realistiese beeld van Ken soek? Lol
Waar is dieselfde geslag Barbies? Of gaan hulle nie so ver transformeer.
Stem saam met B Beukes dis net speelgoed! Waarom moet dit verander word ?