ʼn Seekat het ʼn waaghalse poging aangewend om uit sy tenk by ʼn akwarium in Nieu-Seeland te ontsnap, teen ʼn 50 meter hoë afvoerpyp af te gly en in die see te verdwyn.
Inky, ʼn algemene Nieu-Seeland-seekat, het – byna soos ʼn toneel uit die fliek Finding Nemo – uit sy tenk ontsnap toe die deksel per ongeluk skeef teruggeplaas is.
Personeellede glo Inky het in die middel van die nag, toe die akwarium verlate was, uit sy tenk geklim, en oor die vloer van die akwarium beweeg.
“Seekatte is bekend vir hul ontsnappingstalent,” het Rob Yarrell, bestuurder by die nasionale akwarium, gesê. “Inky het egter nuwe hoogtes bereik. Ek dink nie hy was ongelukkig of eensaam nie, aangesien seekatte alleendiere is. Maar hy is baie nuuskierig. Hy sou wou weet wat buite aangaan. Dit is sy persoonlikheid.”
Een teorie is dat Inky ongeveer 3 of 4 meter oor die akwariumvloer beweeg het, en toe in ʼn afvoerpyp geklim het wat direk in die see in lei. Die afvoerpyp is 50 meter lank en die uitgang is in Hawke’s Bay, aan die ooskus van Nieu-Seeland se noordelike eiland.
Lees meer: Stuff.co.nz, Daily Mail, CNN,
Sylvester van die see!
All drains lead to the ocean! So bly jy is nou in jou natuurlike habitat…. Swim freeeeee Inky!!
Ja ek hoop ook hy het dit tot by die see gemaak, en nie opgeindig in iemand se paella nie. Natuurlik is die see beter as die akwarium. Ek hoop hy gaan ‘n lang en gelukkige lewe he.