Griekeland het ʼn verbod geplaas op oorgewig toeriste om op donkies te ry ná klagtes ontvang is dat die diere rugbeserings opdoen van die swaar vrag.
Foto’s van donkies met gesette toeriste op die nou trappies van die Griekse eiland Santorini is ook intussen versprei.
Owerhede het onderneem om beter na dié diere om te sien. Die land se ministerie van landelike ontwikkeling het riglyne opgestel oor die donkies se welstand nadat verskeie klagtes ontvang is ná mediadekking in Julie. Volgens die nuwe riglyne mag die donkies nie enigiemand swaarder as 100 kg vervoer nie.
Aktiviste voer aan die donkies moet swaar vragte dra en werk sewe dae per week sonder enige skuiling, rus of water.
Ek is bly daaroor. Die diere word mishandel.
Ek sou so dink.
Dis dieremishandeling.
Ek stem saam. Ek is ook gewigtig en ek sal dit nie aan ‘n arme donkie doen nie!
Was self jare gelede in Santorini en by hawe waar bote stop wag die arme ou liewe goed dan om op en af die toeriste te neem. Ek is (was) gelukkig maer maar jinne party het gesukkel, dit was vir my erg. Toe kom die “baas” en wil nog my donkie met ‘n sweep aanpor en het ek sommer op hom geskree hy mag nie. Nee alla magties. Dit is erg ek dink dit moet eintlik heeltemal stop en dis dit.
300 jaar gelede moes hul al die “swaares” bewus gemaak het van so ‘n dier se mishandeling en leiding. Hier gebeur dit seersekerlik ook.
Sjoe maar even 100kg is flippen baie.
En hier word die arme diere geslaan en geslag vir hulle velle
Donkies is wonderlike diere.. Hulle word regoor die wereld mishandel.. As daai arme diere maar net kon praat.. My hart bloei vir elke donkie daar buite..
Nou moet hulle net die lot oorgewig mense dubble seat vra op vlugte. Mees ongemaklikste is om langs so iemand op n lang vlug te sit, jy is ongemaklik maar hulle sit heel lekker gemaklik!
Stem honderd persent saam. Twee vrae egter:
1) Is 100 kg nie steeds te swaar nie? Moet dit nie nog minder wees nie?
2) Kan dit nie heeltemal gestop word nie? Kan nie dink dat dit enigsins goed is vir ‘n donkie nie. Waar is die slim mense?