Tommy Edison, ʼn YouTube-gebruiker wat al sedert geboorte blind is, probeer in dié video bepaal wie die beste geluide kan herken: iemand wat blind is, of iemand wat hul lewe lank nog kon sien, maar geblinddoek is.
Jy kan self ook na die alledaagse geluide luister en kyk of jy dit herken.
Lolo, wat haar eie YouTube-kanaal “Sitting Pretty” het, sluit in dié video by Tommy aan om die uitdaging aan te pak. Lolo is in ʼn rolstoel en deel op haar YouTube-kanaal haar lewe as ʼn gestremde persoon.
Tommy gebruik op sy YouTube-kanaal humor om die gewildste vrae oor blinde persone te beantwoord, en aanvaar ook uitdagings wat die publiek aan hom stuur om te kyk hoe hy vaar.