ʼn Pa het sy seun en twee dogters afgeneem toe hy aan hulle bekend gemaak het dat ʼn babasussie op pad is. Die aankondiging het egter nie afgeloop soos die pa beplan het nie…
Klein Gunner het gehoop dat hy ʼn bababoetie sou kry, maar hy is baie ontsteld toe hy die koek sny en pienk sien. “Ek wil nie nog ʼn meisie hê nie!” het hy huilend gesê. “Ek haat meisies! Dis die heeltyd net meisies, meisies, meisies!”
Sy sussies, Paisley en Harper blyk heel tevrede te wees met die nuus.
Die video is reeds meer as 3,3 miljoen keer op YouTube gekyk. Die video word met vergunning van JunkinMedia op Maroela Media gepubliseer.
http://youtu.be/VrAcV2ywnqc
Agge siestog. Dis te oulik!!!