Video: Driejarige kook vir die gesin

Skermgreep uit die video

ʼn Ma het TikTok gebruik om te deel hoe sy haar seun Carter geleer het om self ʼn ete vir die gesin te kook – al is hy net drie jaar oud. Kykers is verstom oor die seuntjie se talent.

Laura sê sy het Carter al sedert hy 15 maande oud is begin leer om eenvoudige opdragte uit te voer soos ‘kan jy dit in die bakkie gooi?’.

Om dinge makliker te maak vir hom, het sy vooraf die porsies van al die kos in klein bakkies uitgesit wat hy kon vashou. Daarna het sy vir hom eenvoudige voorbereidingstake gegee soos om iets in te gooi, om iets te skep, om te meng, om mielies skoon te maak en pannetjies met botter uit te smeer. Daarna het hy eenvoudige resepte soos smoothies en parfaits uitgetoets.

Laura sê die belangrikste was om met ʼn koue stoof hom te leer om ʼn begrip te kry van die gevare. “Nog voor hy aan ʼn stoof geraak het, het ek seker gemaak hy besef die gevare wat daarmee verband hou. Ons het eers proeflopies gedoen met ʼn koue stoof sodat ek kon seker maak hy weet om net aan die handvatsel vas te hou, en nie aan die pan te raak nie. As hy aan die pan geraak het, het ek hom reggehelp.”

Laura is altyd by om toesig te hou.

Die ma van twee het ʼn video gedeel waar Carter op sy eie kos maak vir die gesin. Die video was só gewild dat sy daarna gereeld met Carter se talent in die kombuis spog.

Sy sê mens onderskat gereeld klein kinders se vermoë en waartoe hulle in staat is. “Hy leer om vir ander te sorg, hy leer meer oor voedingswaarde, wiskunde (om dinge af te meet) en ander lewensvaardig hede – en hy geniet dit!”

Volgens haar is dit Carter wat daarop aandring om te help. “Hy sien hoe ek kook, en dan vra hy om te help. Dis so eenvoudig soos dit. Ek het hom nooit gedwing om enigiets te doen nie.”

@lauralove5514

It came out delicious too! ♥️ #AerieREAL #GetCrocd #fyp #foryou #toddler #recipes #GoForTheHandful

♬ Send Me on My Way – Guy Meets Girl

@lauralove5514

Carter made tacos for dinner????To the haters, HE LOVES COOKING & I’ll continue to let him!#TheChallengeAllStars #recipe #foryou #cooking #fyp #toddler

♬ Send Me on My Way – Vibe Street

@lauralove5514

Short answer to how we got Carter started w/cooking let me know if you have questions #TheChallengeAllStars #DSWCutLoose #fyp #cooking #recipe

♬ Send Me on My Way – Vibe Street

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.