Video: Hond ry ʼn perd

Skermgreep uit die video

Sosiale media is die ideale manier om grappige inhoud te deel en video’s oor diere is gewoonlik baie gewild. ʼn Hond wat soos ʼn wafferse ruiter op ʼn perd ry, maak tans opslae.

Die kort video wys hoe ʼn hond op ʼn perd ry wat deur die stad galop en selfs by ʼn verkeerslig stilhou.

Die video is met die byskrif “Paw Patrol” gedeel, met verwysing na ʼn Kanadese kinderprogram met dieselfde naam.

Dit is nie duidelik waar die drie kort video’s, wat al byna 400 000 keer gekyk is, verfilm is nie.

Kykers lag lekker vir die toneel. “Ek verstaan nie wat gebeur nie, maar ek hou daarvan!” skryf een gebruiker. “Dit lyk soos die storielyn van ʼn volgende Pixar-tekenprent!” skryf ʼn ander persoon.

Nog iemand sê hulle is onseker hoekom daar ʼn saal op die perd is, omdat nie een van die diere dit nodig het nie. “Miskien gaan die hond en ʼn mens in ʼn stadium plekke ruil.” “Te oulik en kosbaar,” skryf nog iemand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Pandora ·

Een van my gunsteling hond en perd duet was Dally & Spanky.
As mense sien hoe gemaklik die woefe op die perde sit, sal hulle besef dis makliker om bo te bly en nie so bang wees vir perde nie. Diere is net eenvoudig fenomenaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.