Dit was in die geanimeerde rolprent Toy Story waar kykers met die vraag gekonfronteer is: Het speelgoed ʼn geheime lewe wanneer mense die deur van die speelkamer toetrek?
ʼn Egpaar van New York is met dieselfde soort vraag gekonfronteer – nie oor speelgoed nie, maar oor die doen en late van hul eie kinders.
ʼn Videokamera wat bedoel was om die gesin se babaoppasser te monitor, het beeldmateriaal van Jonathan en Susana Balkin se tweelingseuns opgeneem en dié video versprei nou soos ʼn veldbrand op sosiale media.
In dié middernagtelike video kruip die tweejarige Andrew en Ryan uit hul babawiegies om vir ure lank te speel terwyl ma en pa rustig slaap.
Hulle speel eers op die bank en maak bollemakiesies voordat hulle kussings op die vloer pak om verder daarop te speel.
In ʼn stadium kom Jonathan in die kamer en sit die kinders terug in die wiegie en die kussings terug op die banke, maar etlike minute later klouter hulle weer uit die wiegie om verder te speel.
Die video is al meer as 65 miljoen keer op Facebook gekyk.
https://www.youtube.com/watch?v=ZCYHjc64Cv8
I love them!!! They are so so so cute!!Nice to see things like this rather and not crime!!! Well done twins and parents from New York!!!!!
Te oulik te veel energie lyk my en nou ja twee is n goeie span vir wakker bly terwyl ma en pa wil rus !!!!
Dit is nou ‘n oulike artikel.
My tweeling seuns is nou ses. Toe hulle so tussen twee en drie was het hulle ook in die nag opgestaan en gaan speel in die sitkamer of in hulle kamer. Ek het net agter gekom daar is n lig iewers aan. Dan speel hulle te lekker. En dan is dit nou n storie om hulle in die bed te kry.
Wys jou nou die twee se liefde vir mekaar,en die kussings.
Ek is nou skoon moeg gekyk na die twee!
Dis jammer die opname is so vinnig gestel. Ek kon nie regtig sien wat die kaskenades is nie omdat als so vinnig is.
Phineas en Ferb in aksie!
Skreeusnaaks!
Hoe oud is die kindertjies?
Julle is darem maar naief! Glo natuurlik in vader krismis ook.