Die kangaroe wat by die Kangaroo Sanctuary in Alice Springs versorg word, is op ʼn jong ouderdom wees gelaat. Volgens die reservaat het die baba-kangaroe, genaamd Crystal, egter steeds die behoefte om in ʼn buidel rondgedra te word – selfs al is dit in die vorm van ʼn lapsak.
[wpvideo Wz5NtK5q]
Ek het onlangs ‘n program gekyk van die man wat die reservaat bestuur. Die man het drie of vier wesies so groot gemaak. Wanneer hulle gereed is om van die buidel afstand te doen laat hy hulle los in die reservaat. Dis te dierbaar die klein diertjies hop, hop so saam waar hy ook al gaan. Daar is een plek waar hulle almal in hulle lapsakke in ‘n nes regop sit.
Vandat ek vandag Maroela Media ge-“update” het sukkel ek om die kommetaar oop te maak en te lees. Ook kan ek nie die video van die kangaroe kyk nie. Voor “update” het ek geen probleem gehad om n video te kyk of om die kpmmetaar te lees nie.
Dagsê Sannie
Ek is jammer om dit te hoor! Verwys jy na die app? Is dit op ‘n Android-slimfoon? Kontak my gerus by [email protected] – ons sal graag die probleem vir jou wil oplos!
Ek stuur intussen jou navraag aan die tegniese span.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media
Sannie jy is nie alleen. Ek sukkel net so. Soms los ek Maroela maar vir lang tyd. Moeg gesukkel.
Dagsê Marie
Ek is jammer as ons webwerf soms vir jou ‘n probleem gee! Dit behoort glad nie so te wees nie. Watter toestel gebruik jy om Maroela te besoek? Lees jy Maroela deur die app of direk op die webwerf? Gebruik jy jou slimfoon, tabletrekenaar of rekenaar? Gebruik jy Wi-Fi of 3G?
Kontak my asseblief by [email protected] of stuur bloot ‘n e-pos aan [email protected] indien jy ooit vashaak – ons wil graag dadelik die probleem vir jou oplos! Dis vir ons baie belangrik dat Maroela altyd toeganklik moet wees vir enigiemand en dat ons webwerf seepglad moet werk.
Ons hoor graag van jou!
Groetnis
Suné
nms Maroela Media
Ag jinne, dis te cute vir woorde.
Vir ‘n oomblik vergeet ek van al die lelik in die wêreld, dankie Maroela!
Oulik verby! Jammer alle oulike klein diertjies word groot en is nie dan altyd so oulik nie!