Video: Man soen ʼn kobra!

Skermgreep uit die video

Mense gril gewoonlik wanneer hulle ʼn kobra sien, maar nie dié man nie.

Nick Bishop is ʼn slang- en dierehanteerder en plaas gereeld video’s op sy Instagram-profiel waar hy met verskillende gevaarlike diere soos slange en reptiele interaksie het.

“Sal jy ʼn 12 voet (sowat 3,6 meter) koningkobra soen?” skryf Nick by dié video wat al deur meer as 4 miljoen mense gekyk is.

Sy vermoë om die uiters gevaarlike slang te hanteer sonder dat hy gepik word, het internetgebruikers geïnspireer.

Volgens die San Diego Zoo Wildlife Alliance is kobras giftig. Die slange se giftande is gewoonlik korter as adders. Hulle mak hul prooi dood deur neurotoksiese gif deur die giftand in te spuit. Neurotoksiese gif laat die slagoffer se asemhaling en hartklop ophou.

ʼn Kobra sal gewoonlik slegs ʼn mens aanval indien hy bedreig voel. ʼn Slangbyt deur ʼn kobra kan dodelik wees as dit nie behoorlik behandel word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Miena ·

Sjoe wat n mooi slang… ja ek is n opgeleide slanghanteerder en weer ja ek hou van die Kobra familie en weereens ja – Die Koning Kobra is baie mooi spesie.
Groetnis en veilig weessssssss

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.