[Video] Truitjies vir die hoenders

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

ʼn Vrou wat verskeie batteryhoenders hervestig het, het ʼn blink plan bedink om hulle warm te hou: met gebreide truitjies!

Nicola Congdon (25) van Falmouth in Cornwall, Engeland, en haar ma Ann (58), is al ʼn paar jaar lank besig om die hoenders te hervestig, maar het gevind dat die hoenders baie koud kry wanneer hulle buite bly. Die hoenders van batteryplase het gewoonlik min vere, aangesien hulle dit uit frustrasie uitpluk en hulle kan nie die ysige winters oorleef nie.

Nicola het besluit om die truitjies te brei en kry nou versoeke van dwarsoor die wêreld. Donasies wat hulle ontvang word aan ʼn vigs-weeshuis in Suid-Afrika geskenk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.