ʼn Vrou wat verskeie batteryhoenders hervestig het, het ʼn blink plan bedink om hulle warm te hou: met gebreide truitjies!
Lees meerAlles vir Saterdag 21 November 2015
13 beseer toe markeetente in Humansdorp meegee
Dertien persone, waaronder nege kinders, is Saterdag beseer toe twee markeetente by die Wêreld Visserydag in Humansdorp in die Oos-Kaap meegegee het.
Onnodig om rooibos-voorraad op te bou
Die Suid-Afrikaanse Rooibosraad het Vrydag teedrinkers gerus gestel dat hulle nie paniekerig hoef te wees en voorraad hoef op te bou van dié kruietee nie.
12 vas oor ‘ID-dokumente’ vir vlugtelinge
Twaalf mense is op Lesbos in Griekeland in hegtenis geneem in verband met beweerde vervalste identiteitsdokumente vir vlugtelinge.
Aardbewing oos van Indonesië
ʼn Aardbewing van 6.1 het Saterdag oos van Indonesië plaasgevind, maar ʼn tsoenami-waarskuwing is nie uitgereik nie.
SAL trek verklaring oor skorsing terug
Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het sy mediaverklaring wat Vrydag uitgereik is oor die skorsing van sy bedryfshoof, Sylvain Bosc, teruggetrek en gesê dit is “voortydig” uitgereik.
Saak teen punte-vakansieklubs duur voort
Bewerings van sommige vakansieklubs dat die Nasionale Verbruikerskommissie (NVK) sake teen hulle onvoorwaardelik teruggetrek het, is van alle waarheid ontbloot, het die VF Plus gesê.
Staat onseker oor ‘valse dokter’ se ware identiteit
ʼn Man van Nigerië wat daarvan beskuldig word dat hy beamptes van binnelandse sake omgekoop het om toegang tot sy gekonfiskeerde identiteitsdokumente en paspoorte te bekom, het Vrydag ontken hy is ʼn “valse dokter”.
Sewe sterf in helikopterongeluk
Sewe mense is Saterdag dood toe ʼn helikopter op ʼn gletser in Nieu-Seeland neergestort het.
Boek: Die rooi prinses
Niemand het nog ooit die Rooi Prinses gesien nie, want sy het agter die mure van die Wit Toringpaleis grootgeword. Eers op haar twaalfde verjaardag kom sy uit om in ’n feestelike optog aan die volk bekendgestel te word.
21 sterf in steenkoolmyn-brand
Altesaam 21 mense is dood nadat ʼn brand laat Vrydagaand by ʼn steenkoolmyn in Heilongjian in China uitgebreek het.
Pa gevonnis ná dogter se verkragting
ʼn 36-jarige man is vandeesweek in Noordwes gevonnis in verband met die verkragting van sy 13-jarige dogter wat swanger was ná die voorval.
Bozwana-saak uitgestel
Die saak teen twee mans wat van die moord op ʼn bekende sakeman van Noordwes, Wandile Bozwana, beskuldig word, is Vrydag in die landdroshof in Pretoria uitgestel tot Desember.
Plaasvoorman in Modimolle doodgeskiet
Piet de Kock, ʼn 41-jarige plaasvoorman, is Vrydagmiddag omstreeks 16:00 buite Modimolle (Nylstroom) in Limpopo doodgeskiet.
Gedagte vir die dag: Tydens vreesaanjaende omstandighede
Hoekom is ek nou so mismoedig? Hoekom so hewig ontsteld? Nee, ek plaas my hoop op God! Ek sal Hom weer prys. Hy is my redder en my God! Die HERE sal bedags weer sy trou betoon. Selfs in die donker nag sing ek sy lied, ’n gebed tot die God van my lewe. (Psalm 42:6-7, 9, NLV)