ʼn Video waarin ʼn vrou van Northern Territory in Australië ʼn krokodil met haar plakkie verjaag, word wyd op sosiale media versprei.
Beeldmateriaal wys hoe die vrou langs die East Alligator-rivier, ʼn voedingsgrond vir krokodille in die omgewing, saam met haar hond staan, voordat die krokodil sy neus by die water uitsteek en hulle nader. Dié rivier vloei deur die Kakadu nasionale park.
Die video is geneem deur Lundon Anlezark, ʼn toeris wat die krokodille besoek het.
Volgens Gary Lindner, ʼn Kakadu nasionale park-woordvoerder, kom krokodille gereeld na dié oewer aan die einde van elke droë seisoen om vis in die vlak water te vang en te vreet.
Linder sê die park is raadop met toeriste se nalatige gedrag by die krokodille. “Daar is altyd iemand wat te ver gaan en dan val die krokodil aan. Dit is belangrik om te onthou dit is roofdiere en hoogs gevaarlik om so naby kennis met hulle te maak,” het hy gesê.
Meer as 120 krokodille is in ʼn onlangse opname in dié rivier getel.
Bron: BBC, The Guardian
https://youtu.be/yNPxKfX4ACE
Gee die krokkie tog sy plakkies dan is hy baie bly.
“n Krok sal jou daar van waar jy staan kan gryp in ‘n kwessie van sekondes – dan is dit neusie verby met jou. Daai plakkie gebruik hy as ‘n tandestokkie. Mens staan nie so naby nie!!!!!!! Mense verstaan nie hoe gevraalik ‘n krokodil is en hoe vinnig en met watse krag hy jou kan gryp nie.