Klop, klop.
Wie’s daar?
Slaai.
Slaai wie?
Slaai hond my byt?
Die kanse is goed dat een van die eerste grappies wat jy ooit geleer het, dit een van die wêreldbekende “klop-klop”-grappies was. Dié grappies het veral in die 1930’s gewild begin raak.
Juliana Labianca van Best Life het navorsing gedoen na die oorsprong van dié grappies. Een van die eerste gedokumenteerde voorvalle van ʼn “klop-klop”-rympie, is ʼn dialoog uit een van William Shakespeare se bekendste werke, Macbeth.
Tweede bedryf, derde toneel in Macbeth:
Knock, knock! Who’s there, i‘ the name of
Beelzebub? Here’s a farmer, that hanged
himself on the expectation of plenty: come in
time; have napkins enow about you; here
you’ll sweat for’t.
Knock, knock! Who’s there, in the other devil’s
name? Faith, here’s an equivocator, that could
swear in both the scales against either scale;
who committed treason enough for God’s sake,
yet could not equivocate to heaven: O, come
in, equivocator.
Natuurlik was dié toneel nie grappig nie, en sy 17de eeuse gehore het beslis nie daarvoor gelag nie, maar dit was ʼn begin.
In die 1900’s het die grappie met “ken jy?” begin. Die verslaggewer Merely McEvoy skryf in ʼn 1922-uitgawe van die Oakland Tribune:
Do you know Arthur?
Arthur who?
Arthurmometer!
Teen 1936 het die “ken jy”-grappies amptelik in “klop-klop”-grappies verander. ʼn Maatskappy wat dakke herstel, het in daardie jaar dit selfs in een van hul advertensies gebruik.
Knock, knock.
Who’s there?
Rufus.
Rufus who?
Rufus the most important part of the house!
ʼn Rubriekskrywer het in Julie 1936 gekla dat mens byna nie meer die radio kan aanskakel sonder om ʼn “klop-klop”-grappie te hoor nie. “Maar dis pret en as ʼn orkes dit goed doen, is dit uitstekend!” (Sommige orkeste het “klop-klop”-grappies by gehoordeelname ingesluit.)
En sedertdien het dié grappies toegeneem in gewildheid en dis groot pret om te hoor dat die grappies waarvoor jy in graad 1 gelag net, nog steeds in die laerskool oorvertel word.
Klop, klop.
Wie’s daar?
Pakkie.
Pakkie wie?
Pakkie speelgoed weg, jy het kuiermense.
KLOP KLOP
wie’s daar?
SITUASIE
situasie wie?
SITUASIE IN DIE HOK
Hierdie was die eerste klop klop wat ek gehoor het, Was nog klein in die vroee 60’s. My ouer suster en niggies moes aan my verduidelik hoe klop klop grappies “werk”
Klop Klop
Wies da
Lig jou gaai op en kyk self
Regtig?
Hoe voeter jy ‘n klop-klop grappie op?
Klop klop.
Kom in.
Die een destyds by my ouma gehoor en dis die beste een nog ooit:
Klop-klop
Wie’s daar?
Fegiology
Fegiology wie?
Fegiology af met n stukkie pampier
????????????
Daar is so baie “klop,klop” grappies, en tog hoor ek elke nou en dan n nuwe een?
@Snaaksie – waar is jou humor?? Ai……..
Klop-klop
Wie’s daar?
Madonna.
Madonna wie?
Madonna pa vannie bed af.