Winkelsentrum oor verdagte toilet ontruim

Skermgreep uit die video

ʼn Persoon is in Glendale, Kalifornië in die VSA in hegtenis geneem ná winkelsentrum oor ʼn verdagte toilet ontruim is.

Die Glendale-polisie het gesê die toilet, waarop verskeie ontwerpe en simbole geverf is, is buite die sentrum se fliekteater gelos met ʼn briefie wat aanvoer dit bevat ʼn bom, berig ABC7.

Die sherrif-kantoor in Los Angeles se bomspan het op die toneel reageer. Die toilet is geskandeer en uit mekaar gehaal en geen springstof is gevind nie, berig KTLA.

Die polisie het gesê ʼn man is Donderdag naby Burbank in hegtenis geneem, maar geen verdere inligting oor ʼn moontlike motief is verskaf nie.

Ná die verdagte toilet en briefie gevind is, is die span “onmiddellik ontplooi en die Glendale-polisie is gekontak wat ook vinnig by die toneel opgedaag het,” het die winkelsentrum se eienaar in ʼn verklaring gesê, aldus NBC Los Angeles.

“As gevolg van ʼn beduidende belegging in sekuriteitsmaatreëls, kon ons vinnig die Glendale-polisie bystaan om die verdagte te identifiseer en op te spoor en die man is in hegtenis geneem.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Karoo ·

Eerder Bang Jan…. as Dooie Jan. Wonderlik dat hulle Polisie blits vinnig gereageer het!

Elma ·

Aangesien dit n toilet is, het die man waarskynlik n “bom” van n ander soort bedoel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.