Anneli Groenewald
Juffrou Berdina Visagie, argivaris van die Bredasdorpse Skeepswrakmuseum, staan aangekla. Pligsversuim, wanbesteding, allerlei. Maar sy is ’n deeglike amptenaar, en sy het haar verdediging gereed: Skipskop is belangrik, Meneer die Voorsitter, en sy wat Juffrou Visagie is, gaan seker maak dit word onthou. Sy en haar noukeurige skaalmodel van Skipskop wat die Overberg so in rep en roer het.
Die skaalmodel was die debuutpryswenner in NB se Groot Romanwedstryd 2015.
Oor die outeur
Anneli Groenewald word op Bredasdorp in die Overberg groot, en studeer aan die Universiteit Stellenbosch, Universiteit van Johannesburg en aan die Universiteit van Pretoria, waar sy haar MA in Kreatiewe Skryfwerk cum laude ontvang. Anneli is ‘n ervare sake- en landboujoernalis. Tans is sy adjunkredakteur van Finweek en sy bly in Johannesburg.
Uitgewer: NB Uitgewers
Prys: R240,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek: Graffiti Boeke
Hoekom kos boeke in Suid Afrika soveel meer as in Europa?
Baie oulik, so pas aangeskaf in Bloemfontein se L&L.
Ons moet beslis ons Afr skrywers steun, dit sal ons pragtige taal ook baie help!
Belasting.