Knister
Die lawwe ridder Don Quijote is besig om die stad op horings te neem, en dis alles Lillie se skuld! Die storieboekheld het met behulp van een van haar towerspreuke daar beland en nou saai hy oral verwoesting. Hy sien motors vir drake aan en storm met sy “strydros” (’n fiets wat hy Roesinante noem) op hulle af. Advertensieborde val hy met sy lans aan. En by die kermis wil hy opsluit die mallemeuleperdjies bevry! En dis nog net die begin … Maar dié soort petalje is mos Lillie se kos.
Vir twee dekades reeds swaai Lillie die heksie haar towerstaffie oor kinderboekrakke dwarsoor die wêreld. Met totale wêreldwye verkope van meer as 20 miljoen eksemplare en vertalings in 40 tale is geen towerformule nodig om te voorspel dat sy ook Afrikaanse harte gaan verower nie!
Dié selfleesboekies is gemik op agtjariges en ouer.
Vertaling is behartig deur Amelia de Vaal.
Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R145.00*
*Prys onderhewig aan verandering