Uitdrukking:
Die ritteltits kry.
Betekenis:
Histeries wees.
Waar kom dit vandaan?
Moontlik uit Nederlands ritten, “heen en weer loop: deur te hardloop skeur, byvoorbeeld van klere”, en titsen, “liggies aanraak”. Die heen en weer beweging en die skeur van klere weerspieël die gedrag van iemand wat histeries is.