Jy kan hierdie maklike sousie al voor die tyd voorberei en dan net oor die piesangs gooi vir ‘n heerlike slaai saam met braaivleis.
Bestanddele:
3 eiers
125 ml wit asyn (½ k)
250 ml suiker (1 k)
10 ml mosterdpoeier (2 t)
knypie sout
250 ml ingedampte melk
Metode:
1. Klits die eiers, asyn, suiker, mosterdpoeier en sout saam in kastrol tot goed gemeng.
2. Verhit dit oor matige hitte tot dik en roer gereeld.
3. Haal dit van die stoof af sodra dit begin kook.
4. Laat afkoel.
5. Voeg die ingedampte melk by en meng.
6. Gooi dit in ‘n fles en bewaar dit in die koelkas tot benodig.
7. Vir slaai sny jy ‘n paar piesangs in skyfies en gooi van die sous oor.
Resep: Joey Pienaar
Dié resep is oorspronklik in Knuppeldik aan koningskos gepubliseer
Uitgewer: Knuppeldik Trust
Om die resepteboek, Knuppeldik aan koningskos, te bestel, kontak Carien Liebenberg by 0833199636
is ingedampte melk condensed milk?
Dagsê Ricki
Nee, ingedampte melk is “evaporated milk”. Kyk gerus hier na ‘n paar foto’s op Google Images: https://www.google.com/search?q=evaporated+milk&safe=off&espv=2&biw=1366&bih=600&source=lnms&tbm=isch&sa=X&ei=aQY1VOrDAoef7gbghIDQCg&ved=0CAgQ_AUoAQ
Groetnis
Suné
nms Maroela Media