‘Hawelose’ Richard Gere

Richard Gere Foto: Facebook

Richard Gere Foto: Facebook

Die Hollywood-akteur en aktivis, Richard Gere, veral bekend vir sy rol as ʼn sakeman in Pretty Woman, het homself onlangs as ʼn hawelose man in New York voorgedoen.

Gere, was besig om die drama, Time Out of Mind te verfilm. Dié fliek, wat op 9 September vrygestel is, handel oor ʼn hawelose man (gespeel deur Gere), wat probeer om weer kontak te maak met sy vervreemde dogter.

Gere het op 8 Oktober op Facebook gedeel hoe dit voel om ʼn “hawelose” op straat te wees. “Niemand het van my kennis geneem nie,” het die akteur geskryf. “Ek het gevoel hoe dit voel om haweloos te wees. Mense het net verby my geloop en met afkeur na my gekyk. Slegs een vrou was gaaf genoeg om bietjie kos vir my te gee. Dit is ʼn ervaring wat ek nooit sal vergeet nie. Soms vergeet ons hoe geseënd ons is. Ons moet niks net as vanselfsprekend aanvaar nie. As ons iemand kan help, moet ons dit doen.”

Gere het, nadat hy opgestaan het, $100 aan elke hawelose persoon wat hy gesien het, gegee. “Hulle het gehuil en was só dankbaar. Wees die verandering wat jy in die wêreld wil sien.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Elize ·

Ek dink dit is wonderlik van hom min mense met baie geld sal aan ander dink .
Akteurs het te veel geld in elk geval sal hul nie eens voel dat hul geld minder is nie.
Puik van jou Gere

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.