Ware liefde nie net in boeke nie

Foto: boredpanda.com

Foto: boredpanda.com

As jy nie in ware liefde glo nie, sal Justice en Jeremy Stamper van Tennessee, Amerika, jou dalk van mening laat verander.

Dié paartjie het op tienjarige ouderdom ontmoet, is al van hul hoërskool dae af saam en is verlede jaar op 1 Augustus getroud. Maar 19 dae later was Justice in ʼn ernstige ongeluk betrokke wat amper haar lewe geëis het.

Soos wat die noodlot dit wil hê, kon Justice nie onthou dat sy en Jeremy getroud is nie. Toe sy by haar man bieg dat sy niks van die troue kan onthou nie, was Jeremy se hart so seer, dat hy net daar besluit het hulle trou sommer weer.

Justice het wéér ingestem en die paartjie gaan vanjaar op 1 Augustus (die datum van hul eerste troue) weer ewige trou aan mekaar sweer.

Klink ware liefde steeds soos iets wat net in boeke gebeur?

Besoek gerus Bored Panda se webblad vir die volledige storie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Rita ·

Ek en my eggenoot was bure, van graad 3 (st 1 destyds) in dieselfde klas, het saam gaan studeer by Kovsies en is getroud toe ek ‘n onderwyspos gekry het op die dorp waar hy in die weermag was. Nog steeds saam, al 35 jaar lank getroud. Hoe is dáái vir vasbyt?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.